Geverifieerde Resensie
Knysna
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Knysna bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 809 resensies.
"Ons is gaande oor Knysna, die omgewing is asemrowend mooi en sal sommer permanent daar wil bly."
"Knysna is beeldskoon! Die allermooiste natuurskoon ooit! Dit was ons eerste besoek aan daardie deel van ons land, en ons sal baie beslis weer gaan. Ons het veral Buffelsbaai se strand baie geniet."
"Knysna is een van ons gesin se gunsteling bestemmings. Daar is ook so baie ander aktiwiteite en toeriste aantreklikhede in die omgewing veral Plett se kant toe. Restaurante op Thesen Island is fantasties. Ons sal verseker weer soontoe gaan."
"Baie mooi natuur, baie om te doen in die omgewing, lekker eetplekke. Tapas is 'n moet!"
"Fantastic! Forest walks, swimming beaches - what more could you want?!"
"Knysna was soos altyd 'n baie lekker plek om te wees. Die twee eilande op die meer versper ongelukkig die koppe en jy is geforseer om daarnatoe te ry om dit te sien. Die plakkerskamp by die ingang van die dorp is egter nie lekker vir toeriste om te sien nie."
"Te besig in Desember seisoen. Glad nie vir toeriste wat op soek is na rustigheid nie. Verkeer is 'n riller!"
"Ons sal Knysna weer besoek. Daar is baie aktiwiteite en plekke om ieder en elk tevrede te stel."
"Beautiful lagoon, nice restaurants, perfect spot for discovering the Garden Route."
"Baie om te doen en sentraal ten opsigte van Tuinroete. Oulike restaurante, sal Senza by The Heads aanbeveel."