Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2256 resensies.
"Dit is 'n wonderlike plek, nie net vir vakansie nie, maar in die algemeen ook!"
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Leeupoort Boshuis"Ons as familie is aangenaam verras gewees. Dis 'n pragtige omgewing, baie veilig, kindervriendelik. Dis nie ver van Pretoria af nie."
"Naboom is 'n klein dorpie met 'n paar goeie restaurante en aktiwiteitsbestemmings net buite die dorp. Sal die dorp se CBD vermy so ver moontlik."
"We only overnighted en route to Kruger. It is a beautiful area. Could spend more time there. Amazing avos."
"Buitewyke van Mookgopong is baie mooi en rustig, die dorp self nie so baie nie. Klein en vuil."
"Beslis die moeite werd, en moet op enige iemand se wenslys wees om te kan besoek."
Mabalingwe Nature Reserve, Limpopo
Stone Lodge"Ons is meegedeel deur een van die gidse dat leeus in hok is en nie vrylik loop nie. Ons was bietjie teleurgesteld aangesien Mabalingwe adverteer word as Groot 5-bestemming. Ons kon dus nie een van die Groot 5 tesiene kry nie. Ek dink wild is te min vir die grootte van die plaas. Vir die prys wat mens betaal sou mens graag die Groot 5 wil kan sien."
"The place to be when you need quietness and time to rest while under the beauty of nature."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Leeupoort Boshuis"Geskik vir enige iemand wie die natuur en stilte waardeer."
"Mooi dorp. Afgesien van onrus in dele van die land het almal net rustig voortgegaan met hul dagtake."
Mabalingwe Nature Reserve, Limpopo
Mabalingwe Itaga 619"Die reservaat is gerieflik naby Gauteng. Daar is baie wild en die wild is in 'n goeie kondisie. Dis baie gerieflik en lekker om self te ry vir wild besigtiging. Alhoewel ek Mabalingwe weer sal besoek, is die kommersiële aard van die reservaat nie heeltemal waarna ek soek in 'n boswegbreek nie."
"Dorp besoek jy net as jy verplig is. Dis naby genoeg, maar stel voor jy vat alles saam wat nodig is. Paar plekke soos slaghuise is goed, maar pryse dieselfde as enige plek."