Geverifieerde Resensie
Loxton
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Loxton bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 54 resensies.
"A unique and very special part of the karoo. Its remoteness is part of its charm, and the drive to or from Beaufort West is stunning and worth taking slowly."
"Waar is die dorp se naam heen wat altyd op die wit muur was? Kon nie foto neem nie, aangesien daar geen aanduiding is dat jy nou in Loxton is nie."
"Sal volgende keer 'n dag of twee oorbly om hierdie pragtige Karoo-doprie te besigtig."
"Loxton self het ons baie geniet en sal volgende jaar weer die skou bywoon."
"Pragtige skoon dorpie met 'n groeiende aantal besienswaardighede."
"Loxton is een van die min versteekte juwele ten opsigte van plattelandse dorpe wat nog oor is in ons land. Die dorpie en sy inwoners wil 'n mens keer op keer laat terugkeer."
"Wonderful place. Met all our expectations. The owner of the coffee shop opposite the church was most helpful in terms of local attractions."
"Rustige dorp en ons het ons het teëspoed gehad met 'n venster wat op pad gebreek het en het koöperasie se mense ons gehelp om dit tydelik reg te maak. Uiters behulpsaam gewees."
"Mooier, skoner as die volgende twee dorpe op ons rit."
"Pragtige dorpie wat onverwags diep in jou hart sal kruip. Ons gaan vir seker weer terug. Een aand was nie lank genoeg nie."
"Ons is mal oor die plek en kan met die grootste vrymoedigheid Loxton lekker aanbeveel."
"Daar gaan nie meer veel op die dorp self aan nie, maar die omliggende area is pragtig en jy kan dit lekker verken."