Resensies van Loxton

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Loxton bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.33 uit 5 gekry volgens 92 resensies.
Hugo B. - 4th May 2018
staying in Loxton
Pragtige plekkie met baie besienswaardighede.
Johan V. - 10th April 2018
staying in Loxton
'n Pragtige dorpie met baie oulike besoekpunte, werklik die moeite werd om te besoek! Baie vriendelike inwoners gesels graag. Die Rooi-granaat restaurant/winkel is 'n groot bydraende faktor in die geselligheid van die dorp. Tuine is pragtig.
Miemie N. - 9th February 2018
staying in Loxton
Loxton het diep in my hart gekruip.
Deon V. - 11th January 2018
staying in Loxton
Rustige Karoodorp waar jy gerus jou skoene kan uitskop en ontspan.
Sonja J. - 9th January 2018
staying in Loxton
Dis 'n baie rustige dorpie wat jy sommer te voet kan verken. Die Rooi Granaat verskaf 'n kaart waarop al die besienswaardighede afgemerk is.
Pierre D. - 8th January 2018
staying in Loxton
Mooi dorpie.
Eduard F. - 5th January 2018
staying in Loxton
Loxton is 'n baie oulike en rustige dorpie. Ons sal vir seker weer 'n draai gaan maak!
Aart V. - 3rd January 2018
staying in Loxton
Daar is nie veel te doen in Loxton nie. Wou graag die plek sien, maar weet nie of ek weer daarheen sal gaan nie. Bietjie uit die pad van alles.
Lizette H. - 2nd January 2018
staying in Loxton
Rus vir 'n mens se siel!
Janet V. - 28th December 2017
staying in Loxton
Pragtige, stil, skoon dorpie.
Leonie Verster V. - 17th December 2017
staying in Loxton
Pragtige plek.
Role V. - 11th December 2017
staying in Loxton
Pragtige, klein dorpie met baie gasvrye mense!
Nico L. - 20th November 2017
staying in Loxton
Ek het Loxton en sy mense baie geniet. Hulle is vriendelik, die dorp is netjies en skoon en die ou geboue was baie interessant. Ek sou graag daar wou aftree en net die rustigheid van Loxton en die platteland geniet.
Sandra B. - 3rd October 2017
staying in Loxton
Pragtige, skoon dorpie en baie vriendelike gasheer en gasvrou.
Anne V. - 2nd September 2017
staying in Loxton
Meer kan gedoen word om Loxton te bemark. Die diens en ete by Rooi granaat was 'n hoogte punt.
Friedelein K. - 28th August 2017
staying in Loxton
Sit dit op jou emmerskoplysie. Ek is mal oor Loxton.
Garth H. - 12th July 2017
staying in Loxton
As jy van Karoo-gasvryheid hou, asook die neem van foto's, dan is Loxton die plek vir jou.
Hendrik B. - 1st June 2017
staying in Loxton
Pragtige en rustige dorp.
Bertus B. - 18th May 2017
staying in Loxton
Loxton is 'n bitter klein dorpie, maar met soveel karakter. Jy voel asof jy op 'n ander planeet is in Loxton. Alles is so veilig en die plekkie het sy eie bekoring. Die mense is ook baie vriendelik.
Ben R. - 8th May 2017
staying in Loxton
Ek het in Loxton skoolgegaan in die 1950's - so Loxton sal altyd vir my 'n besondere plek bly.
Danielle T. - 3rd May 2017
staying in Loxton
Daar is nie baie om te doen in Loxton nie, maar dit is 'n baie mooi dorp in die Karoo. Jy kan lekker rus en die Karoo op sy beste ervaar.
Johlene D. - 12th April 2017
staying in Loxton
Die tekening van die oewerkonyn is nie baie duidelik nie en ongelukkig kon ons nie op die uitstappie gaan om hulle te besigtig nie. Daar kan baie meer gedoen word om die dorpie te bemark.
Chris V. - 8th April 2017
staying in Loxton
Loxton is 'n tipiese slaperige Karoodorpie. Pragtig, in die middel van nêrens.
Rosa V. - 6th April 2017
staying in Loxton
Stil en baie rustig!
Fred C. - 4th April 2017
staying in Loxton
Pragtige stil Karoo-dorp.
Abram P. - 11th February 2017
staying in Loxton
Baie rustig en veilig.
Marie K. - 16th January 2017
staying in Loxton
Dis pragtig! Net nie veel om te doen nie, maar dit is ook soms lekker!
Mariette Y. - 9th January 2017
staying in Loxton
Hartsmense in die middel van die Karoo, 'n kuier werd!
Henry-john W. - 21st December 2016
staying in Loxton
Skaapvleis-paradys!
Franz R. - 18th December 2016
staying in Loxton
Loxton is a wonderful place. I like the tranquillity and all the trees. Some people might get bored.
Attie B. - 9th October 2016
staying in Loxton
Loxton het potensiaal!
Gerhardt O. - 19th September 2016
staying in Loxton
Rustig - dankie tog daarvoor!
Irma F. - 11th September 2016
staying in Loxton
Pragtige boomryke ou dorpie!
Eleta G. - 4th September 2016
staying in Loxton
Pragtige, rustige Karoodorp.
Rudolph D. - 10th August 2016
staying in Loxton
Hier is niks te doen nie - perfek. Jy kan jou reisgenote geniet en in ontspanne atmosfeer bymekaar uitkom.
Yvette H. - 8th August 2016
staying in Loxton
Ons het die dorpie baie geniet :)
George C. - 6th July 2016
staying in Loxton
Dalk meer eetplekke maar heerlik geëet en gekuier daar in die Rooi Granaat oorkant die pad. Sal graag weer daarheen wil gaan.
Isabel M. - 1st July 2016
staying in Loxton
Sou wat wou gee om 'n huisie daar te kon hê!
Heleni H. - 29th June 2016
staying in Loxton
Baie mooi, skoon en veilige dorp.
Jacoba B. - 3rd May 2016
staying in Loxton
Baie mooi klein dorpie as jy nie te veel gepla wil word en weg wil kom van die stad. Pragtige sonsondergange en heerlike kos.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za