Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3699 resensies.
"Vol kultuur en kuns. Waarde vir geld as jy lekker tuisgebak wil koop. Die diens is puik by elke restaurant/winkel en die mense is vriendelik. "
"Die dorp se paaie kort maar aandag soos baie plattelandse dorpe in ons mooi land!"
"Wat ek daar gesien het was maar net nie wat ek verwag het nie. Die toestand waarin die strate en omgewing is, sien ons nie hier in Hartenbos nie. Selfs die kitsbank, waar ek wou geld trek, was al die tweede dag buite werking, soos aan my vertel is."
"Baie baie plekke en besienswaardighede, sal vir seker terugkom. Ongelooflike natuurskoon."
"Baie natuurskoon, 360° se skildermooi berge. Baie om te doen as jy bereid is om te betaal."
"Picture perfect, beautiful, interesting, alive and always feeling welcome. Lots of places to eat, chill out and have a great memorable time and friends and family even our dogs and especially our Sheepdog had a ball of a time in the Square running up and down with her ball."
"Heerlike wegbreek-plekkie tussen die berge. Heerlike eetplekkies en sommer net om af te skakel is dit die moeite werd om Clarens te besoek."
"Ons het 'n draai in Fouriesburg gaan maak en net daar omgedraai en ons besigheid in Clarens gaan doen. Ek sal nie in Fouriesburg self gaan bly vir 'n wegbreek nie. Eerder 'n omliggende gastehuis of plaas soos Lesoba. Jammer Fouriesburg."
"Strate se toestand laat veel te wense oor - dit is jammer dat ons mooi plattelandse dorpies so agteruit gaan. Die inwoners is egter baie vriendelik."
"Ons het baie lekker in Clarens gekuier en inkopies gedoen. Pragtige dorpie. Ons het ook baie lekker perd gaan ry by Bokpoort en kan gerus die ontbyt by die golfbaan se klubhuis aanbeveel."