Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Ficksburg is in 'n toestand van verval. Die paaie is baie sleg, en ek sal nie soontoe gaan in 'n gewone motor nie. Die omgee is egter ongelooflik mooi en ek sal dit weer besoek as 'n toeris."
"Die omgewing en natuurskoon is asemrowend. Die dorpie sukkel na die Covid-19-pandemie, dit gaan oral oor die geval wees."
"Clarens is pragtig. Dit is ons tweede besoek. Al hoekom ek nie 5 sterre gee nie is omdat die winkeltjies se pryse vir my duur is. Dit is nie duur om te bly en om te eet nie, maar om general inkopies by die winkeltjies te doen is duur."
"Mense verskil. Vir my persoonlik het Clarens baie verander vandat ek daar was paar jaar gelede. Ek sal nie weer teruggaan nie. Die winkeltjies is te dieselfde met een of twee verrassings. Alles te stereotiep. Net ons beskeie mening."
"Clarens is 'n mooi dorpie en daar is lekker eetplekke en interessante winkels. Soos mooi skilderywinkels. Staproetes gedoen en mooi gemerk. Baie in die omgewing soos Golden Gate. "
"Dis een van daai roetes waar jy wens die pad hou aan en aan. Natuur is beeldskoon."
"Clarens is beslis prentjiemooi. Die dorpie is stil en daar is meer as genoeg eetplekke vir lekke kuiers. Golden Gate is so 20 km weg en is 'n moet om te gaan besoek."
"Fouriesburg is baie klein, maar met alles wat ek glo jy kan nodig kry. Blykbaar is baie plekkies net naweke oop."
"Vol kultuur en kuns. Waarde vir geld as jy lekker tuisgebak wil koop. Die diens is puik by elke restaurant/winkel en die mense is vriendelik. "
"Die dorp se paaie kort maar aandag soos baie plattelandse dorpe in ons mooi land!"
"Wat ek daar gesien het was maar net nie wat ek verwag het nie. Die toestand waarin die strate en omgewing is, sien ons nie hier in Hartenbos nie. Selfs die kitsbank, waar ek wou geld trek, was al die tweede dag buite werking, soos aan my vertel is."