Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Maloti Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.

Clarens, Malotiroete

Fairview Cottages

"Clarens het ongelooflike fantastiese vriendelike mense wat nie deur Coronavirus ondergekry is nie. Elke winkeltjie is 'n belewenis en oral word jy vriendelik ontvang. Die restaurante het elkeen besonderse disse. Ek sal beslis Clementines en Post House Restaurante aanbeveel."

Fouriesburg, Malotiroete

Fouriesburg Country Inn

"Lekker sentraal geleë, stil en rustige dorpie."

Clarens, Malotiroete

Larola Terraces

"Pragtige dorpie. Skoon en lekker om daar te kuier."

Rosendal, Malotiroete

Modderfort

"Nice town and perfect for MTB."

Clarens, Malotiroete

Views

"Heerlike kuierdorp."

Clarens, Malotiroete

V'Kansi Khaya

"Clarens is so 'n rustige dorpie en alles is loopafstand. Daar is baie om te sien en die omgewing buite Clarens te verken, jy sal nooit verveeld wees nie. Dit is die beste plek om van daaglikse stres ontslae te raak."

Fouriesburg, Malotiroete

Rustica Accommodation

"Gaan gerus na Windmill Pub & Grill toe."

Fouriesburg, Malotiroete

Uitzicht Private Game Reserve and Lodge

"Goeie toerismebestemming net jammer die provinsiale paaie na en van die plek is in ‘n haglike toestand. Om in die nag te reis is lewens gevaarlik."

Clarens, Malotiroete

Gypsy Wagons

"Dit was ons eerste keer in Clarens, ons het gekyk na huispryse op tweede dag. Ons sal vir seker gereeld teruggaan, en almal aanraai om Clarens te besoek. Dalk eendag kan ons ons eie huisie daar koop!"

Ficksburg, Malotiroete

The Woodpecker Guesthouse

"Ficksburg is in 'n toestand van verval. Die paaie is baie sleg, en ek sal nie soontoe gaan in 'n gewone motor nie. Die omgee is egter ongelooflik mooi en ek sal dit weer besoek as 'n toeris."

Clarens, Malotiroete

Honeysuckle Clarens

"Die omgewing en natuurskoon is asemrowend. Die dorpie sukkel na die Covid-19-pandemie, dit gaan oral oor die geval wees."

Clarens, Malotiroete

Views

"Clarens is pragtig. Dit is ons tweede besoek. Al hoekom ek nie 5 sterre gee nie is omdat die winkeltjies se pryse vir my duur is. Dit is nie duur om te bly en om te eet nie, maar om general inkopies by die winkeltjies te doen is duur."

Clarens, Malotiroete

God's Gift Self-catering Cottage

"Mense verskil. Vir my persoonlik het Clarens baie verander vandat ek daar was paar jaar gelede. Ek sal nie weer teruggaan nie. Die winkeltjies is te dieselfde met een of twee verrassings. Alles te stereotiep. Net ons beskeie mening."

Clarens, Malotiroete

Villa 176 @ Clarens

"Clarens is 'n mooi dorpie en daar is lekker eetplekke en interessante winkels. Soos mooi skilderywinkels. Staproetes gedoen en mooi gemerk. Baie in die omgewing soos Golden Gate. "

Clarens, Malotiroete

The Clarens Country House

"Eetplekke in dorp is topgehalte."

Malotiroete

Umpukane

"Dis een van daai roetes waar jy wens die pad hou aan en aan. Natuur is beeldskoon."

Fouriesburg, Malotiroete

Emden Bass

"Ons was nie in Fouriesburg self nie. Omgewing is baie mooi!"

Clarens, Malotiroete

Mont Rouge

"Clarens is die lekkerste wegbreekplek om na toe te gaan."

Clarens, Malotiroete

Clarens Mountain Sage Self-catering

"Sien julle binnekort weer, ons kan maar net nie wegbly nie!"

Clarens, Malotiroete

La Bri

"Clarens is 'n lieflike wegbreek, met klomp "hidden gems" orals, as jy net mooi soek."

Clarens, Malotiroete

Eddies Guesthouse

"Clarens is beslis prentjiemooi. Die dorpie is stil en daar is meer as genoeg eetplekke vir lekke kuiers. Golden Gate is so 20 km weg en is 'n moet om te gaan besoek."

Clarens, Malotiroete

La Bri

"Daar is net te veel om oor te gesels. Gaan net. Jy sal nie spyt wees nie."

Rosendal, Malotiroete

Die Studio Cottage

"Rosendal is die perfekte dorp vir jou as jy net weg wil kom van al die stadsgeraas sodat jy 'n slag weer kan asemhaal."

Fouriesburg, Malotiroete

Lesoba Guest Farm

"Fouriesburg is baie klein, maar met alles wat ek glo jy kan nodig kry. Blykbaar is baie plekkies net naweke oop."

Malotiroete

Modderfort

"Dit is 'n pragtige omgewing en 'n besoek werd. Ongelukkig moet ek kommentaar lewer op die swak toestand van die paaie veral tussen Ficksburg en Senekal. Die rit was senutergend en ek sal 2 keer dink voordat ek weer na die area reis."

Malotiroete

Die Studio Cottage

"Die roete is 'n juweel! Ry rustig, die paaie is baie sleg!"

Clarens, Malotiroete

Knock Out View

"Mooi en interessant."

La Provance, Malotiroete

Die Roosmalva

"Netjiese veilige uitbreiding."

Clarens, Malotiroete

Paddock 16

"Neem wel kennis van die beperkte dienste deur die winkes en restaurante ten tye van die Covid-19-pandemie."

Blad
Blad 77 - Wys 2281 tot 2310
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem