Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1905 reviews.
"Die dorp is skoon. Gerieflik, alles is bekombaar, mall net om die draai van alles. Die punt is wonderlik en rustig en om die branders en dolfyne en walvisse te sien, is 100% 'n gawe van Bo."
"Dit is 'n baie mooi plek met soveel strande om te besoek. Die mense is so vriendelik en behulpsaam om te help. Baie mooi plek."
"Uitstekend! Dorp is pragtig skoon, vlak by George Lughawe en vriendelike, Afrikaanse omgewing."
"Die netheid van die dorp. Geen slegte paaie en veiligheid in die omgewing van Santos maak 'n vakansie die moeite werd. Genoeg lekker eetplekkies en heerlike staproetes. Mosselbaai die dorp van die jaar."
"City is very clean and the Dias Museum and St Blaize trail are excellent."
"Lekker vakansieplek. Baie rustig en veilig. Al die mense baie vriendelik. Jy het baie om te doen. Daar's 'n Zipline, akwarium, shark diving, waterplank, lighuis het ook 'n restauran. warm baddens, lekker goedkoop restaurante met die mooiste see-uitsigte."
"Baie mooi, ons besoek Mosselbaai altyd wanneer ons in Hartenbos kuier. Dit is dalk net 'n bietjie besig na ons smaak, maar ek kan Mosselbaai beslis aanbeveel."
"Mosselbaai het ons harte gesteel. Die strate, strande en omgewing is pragtig en skoon. Al die mense is baie vriendelik. Dit is definitief my nuwe, permanente vakansieplek."
"Dis 'n oulike dorp met genoeg aantreklikhede vir 'n gesin met kinders. Lekker weer en 'n lekker see. Die omgewing is mooi skoon en netjies en dis goed om te sien dat die dorp vooruitgaan met elke jaar wat verby gaan. Dis beslis een van ons gunsteling bestemmings."