Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1987 resensies.
"Lekker vakansieplek. Baie rustig en veilig. Al die mense baie vriendelik. Jy het baie om te doen. Daar's 'n Zipline, akwarium, shark diving, waterplank, lighuis het ook 'n restauran. warm baddens, lekker goedkoop restaurante met die mooiste see-uitsigte."
"Baie mooi, ons besoek Mosselbaai altyd wanneer ons in Hartenbos kuier. Dit is dalk net 'n bietjie besig na ons smaak, maar ek kan Mosselbaai beslis aanbeveel."
"Climate great for an escape from colder Cape Town. Suprisingly good restaurants. Nice laid-back atmosphere."
"Die lekkerste restaurante met die lekkerste kos en die mooiste uitsigte en meeste van hulle is dierevriendelik en hulle gee uitstekende diens. Vriendelike mense. Meer as genoeg aktiwiteite. Sal elke keer weer teruggaan soontoe."
"Mosselbaai het ons harte gesteel. Die strate, strande en omgewing is pragtig en skoon. Al die mense is baie vriendelik. Dit is definitief my nuwe, permanente vakansieplek."
"Dis 'n oulike dorp met genoeg aantreklikhede vir 'n gesin met kinders. Lekker weer en 'n lekker see. Die omgewing is mooi skoon en netjies en dis goed om te sien dat die dorp vooruitgaan met elke jaar wat verby gaan. Dis beslis een van ons gunsteling bestemmings."