Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1905 resensies.
"Oktober is nog te vroeg in seisoen. Weer as nog te koud, gelukkig is daar baie aktiwiteite om jou besig te hou."
"Daar is heelwat geskiedenis in Mosselbaai vir die wat belangstel en die omgewing is baie mooi."
"Net gesukkel om buskaartjies te kon bespreek vir huis toe kom. Mosselbaai kan dink daaraan om busdienste ook nader aan Hartenbos te laat loop."
"Anita’s self-catering is in Danabaai. Pragtige ongerepte omgewing waar diere vry loop tussen die huise. Danabaai het pragtige natuurskoon wat bydra tot ‘n rustige en vreedsame omgewing."
"Baie mooi strande en lekker restaurante, maar verder niks om oor aan te gaan nie."
"Baie ryk aan geskiedenis en rustige omgewing naby groot winkels en baie vir jonk en oud om te doen. "
"Mosselbaai is 'n pragtige plekkie om te kuier en ek sal altyd mense aanmoedig om dit te gaan beleef."
"Pragtige omgewing, netjies en skoon. Vriendelike en behulpsame mense. Bied alles vir 'n lekker vakansie."
"Veilige omgewing. Voel soos 'n ander land maar almal praat Afrikaans. Baie om te sien en doen."
"Mosselbaai is 'n oulike vakansieplek. Beveel aan want jy kan van daar af vinnig by verskillende plekke uitkom."
"Soveel om te sien en doen in Mosselbaai. Ons ry gewoonlik net verby Mosselbaai vanaf George Lughawe sonder om te stop. Doen jouself die guns en ontdek Mosselbaai as a bestemming volgende keer."