Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1916 resensies.
"Baie mooi strande en lekker restaurante, maar verder niks om oor aan te gaan nie."
"Baie ryk aan geskiedenis en rustige omgewing naby groot winkels en baie vir jonk en oud om te doen. "
"Mosselbaai is 'n pragtige plekkie om te kuier en ek sal altyd mense aanmoedig om dit te gaan beleef."
"Pragtige omgewing, netjies en skoon. Vriendelike en behulpsame mense. Bied alles vir 'n lekker vakansie."
"Veilige omgewing. Voel soos 'n ander land maar almal praat Afrikaans. Baie om te sien en doen."
"Mosselbaai is 'n oulike vakansieplek. Beveel aan want jy kan van daar af vinnig by verskillende plekke uitkom."
"Soveel om te sien en doen in Mosselbaai. Ons ry gewoonlik net verby Mosselbaai vanaf George Lughawe sonder om te stop. Doen jouself die guns en ontdek Mosselbaai as a bestemming volgende keer."
"Mosselbaai is ons vakansieplek vir die afgelope 5 jaar al en ek sal oor en oor daarna toe gaan! Ons as gesin vind mekaar daar en die avontuur is beslis vir elkeen. Ek sal ook net aanraai dat Mosselbaai/Hartenbos meer aktiwiteite begin aanbied veral vir kinders behalwe die huidige aktiwiteite! Ice skating! 'n Voltydse grootwiel en karnaval wat voltyds floreer, stampkarre ens. Alles net vir kinders en kinders en ouer aktiwiteite! Maar verder aan doen die toerismedorp baie goed."
"Puik bestemming vir vakansie. Baie swemstrande om te gebruik. Lekker eetplekke en baie toerisme-aantreklikhede."