Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6186 resensies.
"Ons het mooi en lekker plekke in Mpumalanga, ons moet dit net bietjie meer begin waardeer. En ook die plekke meer begin ondersteun."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Vuurvliegie en Sonbesie"Kry ‘n wild-kaart om te bespaar op fooie."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Pan African Safari"Ons geniet altyd die Nasionale Krugerwildtuin baie."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Barnstormers Rest"Make sure you book in advance for easier access."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Die Hartbeeshuisie"Die tannies by die Marlothpark Winkelsentrum is nie te vriendelik nie, maar verder 100%."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Selati 103 Guest Cottages"Beste plek om te wees. Indien jy buite die wildtuin bly, maak seker jy bespreek vooraf jou pre-booking permit om die Kruger in te gaan en wees al 30 minute vroeër by die hek. Naamlik half 6. Elke oggend was ons die vierde kar in die ry gewees. So sien jy ook eerste die diere in die pad. "
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
River House Guest Lodge"Ons gunsteling is natuurlik die noorde. Pafuri area. Baie verkeer in die suide, wat dit soms moeilik maak, maar het baie lekker getoer deur die hele Wildtuin vir 4 dae. Rus vir jou siel."
"Baie mooi. ongelukkig nie meer behoorlike onderhoud nie. voel nie meer veilig om te stap as jy alleen is nie. "
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Kruger Willows"I always love to go to the KNP and we saw lots of animals."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Raka Cottage"Soveel om te doen en te ontdek en die plantegroei is fantasties!"
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Komati Kruger Villas"Uitstekende diens. Wens ons kon langer bly."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Marlothii Safari House"Met die langnaweekingang was dit baie lang rye en die personeel het nie die bane mooi aangewys nie. Slegs 1 personeellid was in die kantoor by Crocodile Bridge. Al ons papiere was vooraf voltooi maar die ingang het lank geneem. Hopelik sal dit verbeter. "
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Marloth Getaway"Ons besoek die Wildtuin tien keer per jaar. Nou met corona was ons enigste opsie om in Marloth te bly. "
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Kruger River Retreat"Die Krugerwildtuin bly altyd 'n wenner!"
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Jackalberry Ridge - Dream Resorts"Krokodilbrugpad opwaarts na Onder-Sabie is 'n lekker roete. Die hek was baie stil teenoor Malelane-hek waar ons die volgende dag in 'n lang ry moes wag."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Kudus Crest Bush Retreat"Ten spyte van die lockdown, was die wagte en personeel regtig vriendelik. Dit is baie lekker om so naby 2 hekke te kan wees om net vir paar uur in te gaan."
"Misty Mountains het baie aktiwiteite en is beslis moet besoek. Sabie het baie watervalle om te besoek en die mense is baie vriendelik. Die eetplekke is besig, maar baie gesellig."