Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6062 resensies.
"Die kos by Bohemian Cafe is uit die boonste rakke. Bespreek maar eerder, hulle kan besig raak."
"Kaapsche Hoop of Kaapsehoop is ‘n wonderlike stukkie natuurskoon met vriendelike mense oral waar jy heen stap. Verskeie restaurante en wandelroetes bekroon die aktiwiteite hier. Die Koek en Pan restaurant kan ons hoogs aanbeveel met heerlike disse wat jou mond sal laat water. Sondagaandete sal ‘n uitdaging wees en is slegs Salvador Main Street Bistro ‘n heenkome vir ‘n ete. Die hele dorp stroom dan daarheen. Hul kosse is uit die boeke met billike pryse."
"Die teerpad na Hazyview het verskriklik baie slaggate, asook in die rigting na Sabie. Hazyview self is maar 'n vuil dorp. Daar is wel 'n baie nice Checkers waar ons ons kosvoorrade gekoop het."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
3 on Greger Accommodation"Nelspruit is een van die mooiste en spesiaalste bestemmings in SA."
"The fact that it is no longer possible to restrict access to the conservancy is a step in the wrong direction. We felt safe there, but don't at all appreciate this latest development. We actually witnessed how a group of noisy people from outside just came in and made themselves at home on the veranda of an unoccupied house. At the end of the day they were gone."
"Hulle bou te veel huise daar en ek dink dit verwilder die wild. Ons het nie baie wild gesien nie."
"Hazyview was very a busy town with lots of traffic and poorly maintained infrastructure."
"Ons vierde jaar wat ons Marlothpark besoek en dit is vir ons 'n plek baie na aan die hart. Rustigheid is nêrens anders te vinde, hier vind jou siel rus! Hierdie jaar het ons dit buite seisoen gedoen en dit maak dit nog beter, verkeer en mense is net minder en mens geniet soveel meer die uitkykpunte langs die Krokodilrivier dan!"
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Elephant Walk Retreat"Great self drive experience. Plenty game sightings."
"As jy werklik wil rus, met die natuur net by jou voordeur, is Marloth die plek vir jou!"
"Maak seker oor watter paaie om te vat, want daar is maar 'n paar slegte grondpaaie."
"Pragtige, rustige omgewing. Baie goeie waarde vir geld. Genoeg diere besoekers en naggeluide uitstekend! "
"Some roads are in a very bad condition, not every visitor to Marloth Park has a vehicle capable of handling those conditions. It would be a good idea to bring it to the potential visitors attention before they commit themselves to booking accommodation."
"Dit was ons eerste keer daar en as ons weer in die area kom sal ons vir seker weer daar bly, ons het dit as baie veilig ervaar en dis by die wildtuin so jy kry regtig 'n gevoel van die wild. Ons het ook olifante gesien toe ons langs die rivier by 'n restaurant geëet het, wat nogal spesiaal was."
"Baie rustige plek, goeie alternatief om vakansie te gaan hou as die wildtuin te besig is. Ek sal weer Marloth Park toe gaan."
"Die roete self is pragtig en beeldskoon. Ek het net 'n pyn dat 'n mens orals moet betaal as 'n Suid Afrikaner net om te sien wat in ons pragtige land aangaan. Die ergste van alles was toe ons R63 per persoon moes betaal net om Bourke's Luck potholes te sien. Ek dink dit is waansinnig en dra by tot die rede dat Suid Afrikaners minder uitgaan om na ons beeldskone land te kyk. Ons moes selfs betaal vir die uitsig by God's Window."