Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6207 reviews.
"Die hek beheer moet aandag geniet deur besoekende inwoners met verblyfdatums en woning nr op 'n windskerm plakker te verskaf. Die hek sekuriteit weet nie wie is wie nie. Een sekuriteitwag het ons gevra of ons al hier was toe ons van ons dag se uitstappie af terugkom. Tydens ons rit teen die grensdraad aan die Kruger se kant het ek opgemerk dat die draad redelik hoog van die grond is. Ja die onderste draad is elektries maar werk hy? As een van die katte daar moet deurkruip het Marloth Park moeilikheid. "
"Dis 'n baie lekker dorpie om 'n naweek te spandeer met oulike winkels. Ek sal net voorstel dat hulle verbeter op die grondpad tussen die treinspoor en Muddlers Minnow."
"Graskop is a nice place to be and experience the beauty of nature especially God's window, Mac Mac falls, Three Rondavels, Berlin Falls, Bourkes luck pot holes etc. And the weather is so amazing!"
"Volgende keer sal dit lekker wees as die omgewing nie heeltemaal toe is van die mis nie, maar... ons mag seker nie kla nie want die omgewing was vreeslik droog en hulle het die reën nodig!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hippo Waterfront Lodge and Camping"Nelspruit is beslis 'n plek om te besoek, in en om Nelspruit is daar soveel om te doen en soveel plekkies om te besoek."
Kruger National Park South, Mpumalanga
Elephant Walk Retreat"Mens sien die Groot 5 hier feitlik daagliks. Paaie in baie goeie toestand en personeel vriendelik."
"Baie stil en rustig, heelwat wild te sien en by winkels alle noodsaaklikhede verkrygbaar. "
"Goeie waarde vir geld as jy die Krugerwildtuin wil verken, sonder om die absurde tariewe binne die park te betaal."
"Ek dink Marloth Park is 'n uitstekende bestemming vir toeriste wat graag rustig wil wees en ontspan, en terselfde tyd ons wonderlike diere beleef. Ek en my man was vir die eerste keer by Marloth en sal definitief weer gaan."
"Gaan probeer gerus die Aerial Cable Trail by Skyway Trails ... baie lekker gewees."