Geverifieerde Resensie

Namaqualand

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1074 resensies.

Springbok, Namakwaland

Chef's @ 6 Selfsorg Eenhede

"Wonderlike natuurskoon om te besigtig, plattelandse atmosfeer om in te neem. Skoon lug!"

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Springbok is 'n baie mooi dorp, sal dit weer besoek."

Namakwaland

Kamas Plaas

"Sal definitief weer gaan. "

Springbok, Namakwaland

Liefland Cottages

"Geen toeristewinkels wat ek kon sien in die dorp."

Springbok, Namakwaland

Liefland Cottages

"Die dorp beskik oor die nodige winkels wat 'n reisiger benodig om voorraad aan te vul."

Springbok, Namakwaland

Arendsnest

"Die blomme in Nababeep was beautiful!"

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Top bestemming vir blomme-kyk. Pragtige omgewing en vriendelike mense. Spergebiet is uit die dorp maar naby genoeg sou iets kort. Naby Goegap waar daar nie altyd akkommodasie beskikbaar is nie."

Springbok, Namakwaland

Springbok Lodge Bergmann's Hof and Ou Dokters

"Baie sentraal geleë as jy wil blommetjies kyk."

Namakwaland

Grootvalleij Farm - Blommehuisie

"Daar is veel meer aan Namakwaland as net blomme. Daar is ongelooflike mooi natuurskoon, bergpasse en geskiedenis. En dan ook die mense!"

Springbok, Namakwaland

Liefland Cottages

"Dis 'n goeie wegspringplek vir baie geleenthede in die omtrek. Checkers is goed en die Springbok Cafe se boeke is uitsonderlik."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Dorp was sonder water."

Springbok, Namakwaland

Hananja Lodge and Restaurant

"Baie lekker gekuier, genoeg aktiwiteite."

Springbok, Namakwaland

Herb Garden Restaurant & Accommodation

"Stunning flowers. If you go to Springbok for flowers you must go to Nababeep. They are amazing there."

Kamieskroon, Namakwaland

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Maak seker van die blomme as jy dit wil sien."

Kamieskroon, Namakwaland

Gousblom Gastehuis

"Oulike dorpie met vriendelike mense."

Kleinsee, Namakwaland

The Beach Cottage Kleinzee

"Kleinzee is 'n heerlike wegbreek van die gewoel van die besige stadslewe. 'n Kans om weer te onthou hoe dit was toe jy nog al jou bure geken het, en toe daar nog 'n omgee was vir mekaar. Toe jy nog moes wag vir markdag. En wanneer die hele dorp bymekaarkom vir sportdag. 'n Lekker kykie in die goeie ou dae."

Kamieskroon, Namakwaland

Kroon Lodge

"Die dorpie self is maar redelik verwaarloos en daar is nie eintlik 'n winkel om van te praat nie. Ekonomies gaan dit maar swaar. In die blommeseisoen verkoop die NG Kerk vleis en gebak by hulle saal om geld in te samel. Die omgewing is asemrowend mooi en daar was 'n "restuarant" in Soebatsfontein se Kerksaal waar ons die lekkerste melkskommels gedrink het."

Springbok, Namakwaland

Hananja Lodge and Restaurant

"Was my eerste besoek aan Springbok, het dit baie geniet. "

Namakwaland

Grootvalleij Farm - Kliphuisie

"Wat 'n pragtige deel van ons land. Die blomme is 'n bonus, maar die landskap en rustigheid is eintlik waarvoor mens moet kom."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Slegs in blomtyd, en as die geluk jou tref dat dit 'n herder sonskyndag is sonder wind, wolke, ens. dan is die "blomme-ervaring" in omgewing van Nababeeb onbeskryflik en onvergeetlik."

Springbok, Namakwaland

13 Steps

"Oor jare die dorp leer ken. Altyd netjies en vriendelike diens."

Kamieskroon, Namakwaland

Verbe Farm - Letjie's House

"Pragtige omgewing en mooi blomme daar gesien. Vriendelike mense."

Garies, Namakwaland

De Kleine Werf

"Garies is 'n pratige dorpie met die vriendelikste inwoners omring met die mooiste natuurskoon."

Kamieskroon, Namakwaland

Gousblom Gastehuis

"Kamieskroon is in 'n pragtige omgewing geleë en is die perfekte basis om die Namakwaland-blomme te gaan kyk."

Springbok, Namakwaland

Springbok Inn

"Nie baie om te te doen, behalwe blommekyk nie."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"'n Groot verrassing, nooit gedink Springbok is só 'n groot dorp met alles wat nodig is, beskikbaar nie."

Namakwaland

Kamas Plaas

"Verskeidenheid blomme in die omgewing."

Blad
Blad 4 - Wys 91 tot 120
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang