Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1074 resensies.
"Sorg dat jy voor 13h00 op Saterdae enige aankopies doen want daarna en Sondae is min plekke beskikbaar. 'n Eetplek wat waarde vir geld bied is Springbok Lodge."
"Wonderlike dorpie en omgewing. Net jammer die munisipaliteit en provinsiale owerheid onderhou die dorp glad nie. Die mense is gasvry en hulpvaardig."
"Die Namakwa Park (Skilpad) se blomme was 'n teleurstelling. Die pad soontoe is in 'n baie swak toestand (sinkplaat)."
"Indien jy van verlatenheid en eenvoud met die vriendelikste, warm mense hou, is Namakwaland vir jou bedoel. Daar is 'n rustigheid wat jy nie maklik elders sal kry nie en dit was vir seker kos vir my siel. Ons het egter gegaan om blomme te kyk en in my beskeie opinie was die blomme maar redelik gemiddeld tot teleurstellend. Dit kan wees dat ons te vroeg daar was en dat dit dalk nog te koud was of te min gereën het, maar vir seker is blomme aan die einde van Augustus nie volop soos ons verwag het nie."
"Hulle kan gerus iets doen aan die slaggate - mielies plant of iets waardevol of die goed toemaak - ons plattelandse dorpe gaan darem erg agteruit."
"We were a week or two too early for the big flower display but we saw a lot of flowers already. You must experience Namaqualand at least twice in your life."