Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7900 resensies.
"Mens moet dit darem ten minste een keer in jou lewe beleef, maar ek gaan weer. Dis 'n Afrika-juweel."
"Prys bietjie te veel in vergelyking met ander gastehuise waar ons al was. Omgewing is egter pragtig in blomseisoen. "
"Doen jouself 'n guns en besoek daar dele van Suid-Afrika. Jy sal weer besef wat is diens, vriendelikheid, goeie mense en 'n ander tipe mooi."
"Keimoes is 'n pragtige omgewing en ek dink dit sal nog mooier wees in die somer wanneer die wingerde groen is. Dit is ook sentraal geleë indien mens die ander toeristebestemmings van die omgewing wil besoek. Ek het nooit op enige stadium onveilig gevoel nie."
"Die vriendelikheid van die inwoners van die Noord-Kaap is fantasties te midde van die geweldige droogte wat hulle ervaar."
"Dit hang natuurlik af van wat jy as toeris verlang. Dis 'n klein stil rustige plattelandse dorpie, maar ons geniet sulke plekke, en ook die pad daarna toe. Die uitgestrekte vlaktes. Hier kom 'n mens tot rus. Die mense is ook vriendelik. Die windpompmuseum was baie interessant en Peter, ons gids, het ons baie interessante informasie gegee oor die ontstaan, en die mense wat dit help bou het. Dit gaan nie net oor windpompe nie, maar hoe die mense gelewe het en hoe hulle daar gekom het met die kleinste donkiewa wat ek nog gesien het. Dit was vir ons ook baie verrassend en insiggewend dat ons niemand sien bedel het nie. Dis 'n lekke dorp om te kom ontspan."
"Ons het op 'n Sondag daar aan gekom en kon geen eetplekke vind soos 'n Wimpy byvoorbeeld nie.."
"Did not feel safe at all in town. Very dirty with no maintenance to back roads."
"The area around Springbok is interesting with Okiep and Nababeep worth a visit. Due to the drought there wasn't much in terms of flowers, but this does not detract from the inherent beauty of the area."
"Nice old town, beautiful sand stone buildings, motorbike museum, waterfall, quiver tree forest, wind-pump display, and museum in Loeriesfontein. Matjiesfontein's farm flower self-drive tour is nearby."
"Dalk is Springbok op sy eie nie 'n toeris se droom nie, maar 'n goeie halfweghuis vir 'n hele paar ander bestemmings en besienswaardighede!"
"Ongelooflike lekker plek, dit was lekker warm. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal vir seker weer gaan."
"The drought is devastating, very sad to see the animals suffering, saw little to no animals at the Augrabies Park and the terrain is completely barren. Hoping they get rain soon. The towns in the vicinity could also keep the litter issue at bay, sad to see people still throwing litter everywhere."
"Onthou dit is Karoo met gereelde droogte en almal moet water bespaar en daarom die min plantegroei in tuine. Dankie vir die vriendelike mense by die koffiewinkel by die museum se skermlapa. Besoek die windpompmuseum en ontmoet die mense met warm harte."
"A small Karoo town with a couple of quaint restaurants that are worth eating at."