Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7847 resensies.
"Daar was meer om te sien en doen in die omgewing as wat ons verwag het! Putsonderwater was besonders interessant vir my as 'n fotograaf! "
"After stopping at every restaurant in Richmond at 18:15 on a Friday night trying to get a spot for dinner, we were shown away because they were closing for the night. I stopped at the Caltex garage two properties away from the Three Birds Country House and found a Restaurant linked to it. Well, we ordered dinner for 4 people and the lady there asked where we are staying and that they will bring the food to us the moment it is done. Wonderfully presented, on plates they delivered our order to us. They saved Richmond from a destination I would never visit again."
"Hanover het 'n vreemde bekoring. Van die tamaai-kerk tot die krygergrafte. Ek kan die magic voel."
"Noord-Kaap is 'n unieke bestemming, wat baie meer bied as wat verwag word. Dit is egter 'n bestemming waar 'n mens lang afstande aflê, tog is dit telkens die moeite werd."
"Colesberg is n mooi netjiese dorp. Die Plattelander is 'n moet. Dit is loopafstand en die kos is heerlik! My sommer na my oorlede Ouma's laat verlang. "
"Moenie soontoe gaan as jy hou van winkels en dorpe en die hustle en bustle van bekende strande nie. Hierdie is 'n rus-jou-siel-plek. Ek sou so graag wou sien dat iemand iets doen vir die gemeenskap vir 'n inkomste. "
"Onthou dat die restaurant Maandae 14:00 sluit en vooraf reëlings getref moet word vir aandete."
"It is a quiet bay situated next to Port Nolloth. If you want peace and quiet, this is the destination for you."
"Die see het opgemaak vir die grondpad. En die Kleinzee-gemeenskap het opgemaak vir enige ongerief. Ek het my naweek baie geniet. Beslis vir avonturiers aan te beveel, maar gemaksoekers moet maar twee keer dink. "
"Stil plekkie en vergete, maar tog 'n baie lekker oorslaap in die historiese Karoo-platteland."
"Lekker strand vir die kinders om te speel, flaminke en pragtige sonsondergang oor die see is asemrowend. Daar heers 'n rustige atmosfeer. Dit is jammer dat die bedelaars die toeriste konstant lastig val. Dit blyk of veiligheid 'n kwessie is, maar die buurtwag is baie aktief, en dis al! Dis veilig en beskut."
"Augrabies Falls and Nature Reserve is a must visit destination. The falls are impressive as is the reserve itself with giraffe and gemsbuck within the first 10 km. Roads a bit corrugated, but nice park."
"Behalwe vir die teleskope is daar maar min te doen by Carnarvon. The Lord's Kitchen het wel baie lekker kos."