Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7950 reviews.
"Van waar ons gereis het was dit ver (Langebaan) en nie die moeite werd nie. Ook a.g.v. die droogte was die blomme n bietjie teleurstellend."
"Nieuwoudtville was fabulous for wild flower viewing, even in a mediocre flower year (early rains and hot, windy post-rain period). The quiver tree forest was interesting, Matjiesfontein farm had great flowers, and the town has some wonderful old sandstone buildings."
"Ondersteun asb. toerisme in die Noord-Kaap. Die mense is hartlik en gasvry en toerisme is amper enigste inkomste in hierdie 7 jaar lange droogte."
"Die aandete in Bourdeaux restaurant was besonders lekker. Ons het boontjiesop en lamkerrie met rys en slaai gehad. Die geskiedenis van die restaurant is baie interessant."
"Vir ons wat van die see af kom en heeltyd groen en blou sien, is Kathu maar droog en stowwerig. Hier en daar 'n straatnaam wat mens nie sal verwag van so 'n groot plek nie. Verder is die malls lekker groot en gerieflik. NG-Kerk is ook 'n baie mooi gebou met die vriendelikste mense. Ons het ons verblyf daar baie geniet."
"Rustige Karoo-dorpie met 'n positiewe aura. Veilig, ek het skemer daar aangekom en kon nog met geruste hart 'n ent gaan stap om die stywe spiere bietjie te oefen. Groot plus vir diegene wat selfsorgverblyf kies - die OK bly oop tot 22:00! Dankie Colesberg."
"Pragtige dorpie met blommetyd en baie vriendelike mense. Die blomme op Matjiesfontein was pragtig en die moeite werd om te sien."
"Daar is 'n pragtige kerk, museum van windpompe en blommetjies in seisoen."
"The convenience of having the mall a kilometre away was great. We went there for dinner and the shops are all upmarket retail stores. "
"Kampplek aan te bevele vir kampers en groepe mense. Baie veilig en geriewe baie netjies en skoon."
"Die Ark should be on your list for accommodation when travelling in that areas. You won't be disappointed! Please visit Manna Restaurant in Williston. The best food and people ever!"
"Die pad is nie so wonderlik nie en baie sinkplaat. Daar is nie vreeslik baie toeriste-aantreklikhede nie. Vir die moeë van gees en liggaam is dit 'n goeie rusplek. "
"Mens moet dit darem ten minste een keer in jou lewe beleef, maar ek gaan weer. Dis 'n Afrika-juweel."
"Prys bietjie te veel in vergelyking met ander gastehuise waar ons al was. Omgewing is egter pragtig in blomseisoen. "
"Doen jouself 'n guns en besoek daar dele van Suid-Afrika. Jy sal weer besef wat is diens, vriendelikheid, goeie mense en 'n ander tipe mooi."