Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7950 reviews.
"Noord-Kaap is 'n unieke bestemming, wat baie meer bied as wat verwag word. Dit is egter 'n bestemming waar 'n mens lang afstande aflê, tog is dit telkens die moeite werd."
"Colesberg is n mooi netjiese dorp. Die Plattelander is 'n moet. Dit is loopafstand en die kos is heerlik! My sommer na my oorlede Ouma's laat verlang. "
"Moenie soontoe gaan as jy hou van winkels en dorpe en die hustle en bustle van bekende strande nie. Hierdie is 'n rus-jou-siel-plek. Ek sou so graag wou sien dat iemand iets doen vir die gemeenskap vir 'n inkomste. "
"Onthou dat die restaurant Maandae 14:00 sluit en vooraf reëlings getref moet word vir aandete."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
SeaSide Self-Catering"It is a quiet bay situated next to Port Nolloth. If you want peace and quiet, this is the destination for you."
"Stil plekkie en vergete, maar tog 'n baie lekker oorslaap in die historiese Karoo-platteland."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dis Al! Akkommodasie"Lekker strand vir die kinders om te speel, flaminke en pragtige sonsondergang oor die see is asemrowend. Daar heers 'n rustige atmosfeer. Dit is jammer dat die bedelaars die toeriste konstant lastig val. Dit blyk of veiligheid 'n kwessie is, maar die buurtwag is baie aktief, en dis al! Dis veilig en beskut."
"Augrabies Falls and Nature Reserve is a must visit destination. The falls are impressive as is the reserve itself with giraffe and gemsbuck within the first 10 km. Roads a bit corrugated, but nice park."
"Behalwe vir die teleskope is daar maar min te doen by Carnarvon. The Lord's Kitchen het wel baie lekker kos."
"Het nie veel gesien van Colesberg, maar het lekker geëet by die Plattelander. Goeie kos en vriendelike mense."
"A perfectly situated town for an overnight stay. Plenty of restaurants for dinner. We did battle to find somewhere to buy some milk!"
"Colesberg is nie 'n vakansiebestemming nie, maar wel 'n heerlike halfpad-stop en ons sou graag as die tyd dit toegelaat het die dorpie beter wou leer ken. Die pragtige kerk oorkant die Plattelander Restaurant lyk imposant en werd om besoek en bewonder te word. Volgende keer sou ek graag langer op die dorpie wou bly om bloot net die mooi daarvan te bewonder. Baie dankie vir 'n heerlike ontvangs en oorbly in die mooi Karoo-dorp. "
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dis Al! Akkommodasie"McDougallsbaai is die regte bestemming vir vissermanne en persone wat hulle nie deur koue water laat afsit nie. Daar is interessante baaitjies met baie seevoëls en robbe wat in die water baljaar. Kinders geniet die growwe sand en poele."