Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7900 resensies.

Calvinia, Noord-Kaap

Klipwerf Gastehuis

"Ons het 'n baie interessante besoek afgelê by die museum. Lekker tyd spandeer by die Akkerendam natuurreservaat, asook die eerste veldblomme geniet. Heerlike bord kos geniet by die Calvinia Hotel se restaurant. Ook besoek afgelê by ander attraksies soos die groot rooi posbus. Die dorp het bekende supermarkte wat in al ons behoeftes voorsien het. Dis ons eerste besoek aan die dorp, maar die mense het gegroet en gewaai asof ons deel van die inwoners is. Ons is gewoond aan taxi's wat die verkeer oorneem. Dit was lekker om van dit weg te kom en die rustigheid van Calvinia te geniet."

Noord-Kaap

Halfway House Tankwa

"My gunsteling plek vir kopskoonmaak en net synchronise met die Grote Skepper en my klein plekkie in die skepping."

Colesberg, Noord-Kaap

De Vuur Gastehuis

"Onverwags 'n mooi en sjarmante dorpie met genoeg besienswaardighede vir 'n dag of twee. "

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Merino Junction

"Ongelukkig het ons net oornag daar, maar dit lyk na een van daardie dorpies in die Karoo wat 'n juweeltjie kan wees vir 'n dag of twee se oorbly!"

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Vir die historikus of enigiemand wat in Suid-Afrikaanse geskiedenis belangstel, is Colesberg 'n plek wat gerus besoek kan word. Die ou begraafplase alleen bied reeds interessante informasie."

Calvinia, Noord-Kaap

Katryns

"Wat ons wel opgeval het is dat dit besonders netjies is met geen rommel wat rondlê of rond waai nie."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Die Pophuis Hoekie

"Genoeg plekke om rond te kyk."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Kroon Lodge

"Lekker sentraal as jy omgewing will ontdek."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Min plattelandse dorpe wat op 'n Sondagaand 'n heerlike bord kos kan voorsit. Het heerlik in die dorp geëet en oorgeslaap. Baie dankie!"

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Moenie langer bly as wat absoluut nodig is nie."

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Dis Al! Akkommodasie

"Mooi, skoon, stil en rustig."

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Peaceful Place

"So 'n bietjie duur in vergelyking met ander soortgelyke plekke."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Die dorpie het ongelooflik baie potensiaal. "

Colesberg, Noord-Kaap

Annelines Guest House

"Municipality could do more to improve the roads. But pretty clean compared to other places. I'm sure they are trying. "

Augrabies, Noord-Kaap

Klein Renosterkop

"'n Moet stop om te sien."

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Bietjies Akkommodasie

"Spraakloos. Dit was wonderlik. Ek het niks woorde nie."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Was presies halfpad Kaap toe. By Platteland gaan eet. Baie lekker! "

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Richtersveld Experience Lodge

"Geweldige uitbreidings. Skoon en netjiese dorp."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Dit kan lekker koud word!"

Hanover, Noord-Kaap

Boutique Guesthouse Hanover

"Hanover is 'n pragtige dorpie waar tyd stilgestaan het."

Kakamas, Noord-Kaap

Palmhof Chalets

"Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë."

Williston, Noord-Kaap

Ark Gastehuis and Williston Mall

"Baie oulike en netjiese restaurant in die hoofstraat! Heerlike kos en atmosfeer."

Springbok, Noord-Kaap

Springbok Inn

"Daar kan dalk so bietjie opgeskerp word op sekuriteit."

Blad
Blad 203 - Wys 6061 tot 6090
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang