Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7918 resensies.

Williston, Noord-Kaap

Karoo Huis

"Pragtige dorpie, skoon. Ons het sommer van die gastehuis na die restaurant gestap om te gaan eet. Baie veilig gevoel. 'n Regte stukkie "Kaap" - baie vriendelike mense."

Port Nolloth, Noord-Kaap

Peaceful Place

"Hulle moet net 'n paar aktiwiteite kry. Daar is bitter min doen-dinge. 'n Boot trip om kreef te gaan vang, of staproetes. Kanovaarttogte. Enige iets om te doen. Dagtoere by die visfabriek."

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Indien jy een is vir die outydse, geskiedkundige plekkies kan jy gerus stop by Colesberg. Maak net seker die "oudergewone" speedcop wat dit sy lewe maak verras jou nie met 'n spoedoortreding nie, regte aasvoël. Straatkinders val mens lastig by Engen Garage. Verder kan jy gerus 'n paar dae daar deurbring."

Port Nolloth, Noord-Kaap

Peaceful Place

"Die weer was net so lekker soos die inwoners van die plek."

Calvinia, Noord-Kaap

Katryns

"Net die water was 'n probleem."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"It looks like a cute town, but we didn't have time to explore."

Williston, Noord-Kaap

Williston @ 21

"Onbekende maar rustige dorp en goeie oornagdorpie."

Kleinsee, Noord-Kaap

Kleinzee Guesthouse

"Dorpie het erg agteruit gegaan en restaurantjies is erg onbetroubaar met tye wanneer hul oop of toe is, wat dit nogal moeilik maak as jy in 'n gastehuis bly. Die paaie is 'n gemors en dwelms en drank het die lokale inwoners erg benadeel. Die plaaslike inwoners bemors die hele plek. Beveel beslis nie aan vir 'n vakansie nie."

Vosburg, Noord-Kaap

Elvee Accommodation

"Klein plekkie en veilig om te oornag. "

Hopetown, Noord-Kaap

The Big Tree Guest House

"Meer wegneemete-restaurante sal definitief 'n aanwins wees vir Hopetown."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Vir seker 'n moet as jy oorslaapplek benodig."

Calvinia, Noord-Kaap

Kleinplasie Gastehuis

"Calvinia is 'n mooi plattelandse dorp. Die nuutbegonne park run oor 5 km in die Akkerendam Natuurreservaat behoort 'n groot bate en aantrekkingskrag vir Calvinia te wees. Daar is weekliks deelnemers, wat van heinde en verre ry, om aan hierdie besondere park run deel te neem. Die organiseerders van hierdie park run het besondere inisiatief aan die dag gelê, wat hopelik ook deur Calvinia se inwoners ondersteun word. Dit laat die sakebedrywighede, soos verblyf, brandstof, restaurante, ens. beslis 'n hupstoot te gee. En wat is nou lekkerder as om 'n 5 km park run op 'n Saterdagoggend te voltooi? Laat my toe om 'n paar dinge te noem, wat op Calvinia gehinder het: Die museumkompleks was gesluit op Vrydag. Die besoekersburo het geskuif. Nêrens word egter aangedui dat dit nie meer in Pastoriestraat by die verkeersdepartement is nie. Die ongebruikte skoolkoshuis is in 'n vieslike toestand! In die Akkerendam Natuurreservaat is 'n man gesien wat hout gekap het."

Calvinia, Noord-Kaap

Hantamland

"Die dorpie het wat jy nodig het. Die omgewing se berge is pragtig."

Hanover, Noord-Kaap

Trappieskop

"Just remember in this little (hot) town the pub and hotels only open at 5 pm, we were very thirsty. There is really absolutely nothing to do here, it's just a stay-over town."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Kingwill's Guest House

"Mens is geneig om altyd die kleiner dorpies te onderskat, maar hulle is pragtig. Victoria-Wes het sy eie geskiedenis en mense moet meer net inry en gaan kyk."

Colesberg, Noord-Kaap

Herb Garden Guest House

"Colesberg is 'n gawe stop tussen die Kaap en Pretoria."

Richmond, Noord-Kaap

Be Blessed Selfcatering

"Stil en kalm dorpie in die huidige gejaagdheid."

Richmond, Noord-Kaap

Anra Rusgenot

"As die boekefees weer plaasvind en die restaurante/akkommodasieplekke weer kan besigheid doen is dit 'n idilliese bestemming. (Nostalgie, geskiedenis, sentiment ens.) Neem aan COVID en die ekonomie het Richmond swaar ge-affekteer."

Colesberg, Noord-Kaap

Honeylocust Guest House

"Die Plattelander restaurant word graag aanbeveel. Heerlike kos!"

Calvinia, Noord-Kaap

African Dawn B&B

"Pragtigste dorpie."

Colesberg, Noord-Kaap

Brand Guesthouse

"Lekker oornagdorpie en naby hoofsnelweg."

Kakamas, Noord-Kaap

Palmhof Chalets

"Die dorp is redelik baie besig oor naweke met voetgangers. Moet maar versigtig bestuur."

Richmond, Noord-Kaap

Anra Rusgenot

"Interessante klein dorpie. Het die modern art museum baie geniet. Die Vetmuis se geskenke is goed."

Blad
Blad 24 - Wys 691 tot 720
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang