Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7949 reviews.
"Hier is nie winkels nie, so bring alles saam. Die Rooispinnekop-eetplek is vrek lekker. Gawe mense."
"Baie klein dorpie, nie regtig plek gewees om aandete te gaan eet nie. Maar ons het darem reggekom deur die mense te vra vir plekke. Dorpie baie vervalle."
"We just needed to see Hondeklip - not much to do but have a walk and short beach drive."
"Die dorp en paaie is ongelukkig verwaarloos, maar die gastehuis is buite die dorp op die oewer van die Vaalrivier."
"Fantasties as jy wil wegbreek van die besige lewe af. Daar is nie veel wat op die dorpie aangaan nie, maar dit het als wat nodig is."
"If you want to get away from it all, Loxton is a good destination. The local people (all 1300 or so of them) were very helpful and friendly."
"Ark Gastehuis is 'n plek wat enige iemand wat daar deur reis moet besoek."
"Springbok was a surprise. We liked it a lot and shopping at SuperSpar - made it easy."
"Is 'n baie lekker rustige plek. Die mense in die dorp is baie vriendelik. Die dorp is baie skoon."
"A town in decline. No real attractions apart from some cute cottages and a trendy bar & grill/restaurant."
"Ons het net oornag, maar sal weer dit doen. Daar is geen rede hoekom ons Upington nie weer sal besoek nie. Sal die Red-Ox hoog aanbeveel vir etes en baie mooi uitsig, voedsel is van hoog staande gehalte en baie vriendelike personeel."
"Ons het net vinnig oorgestop vir een aand op pad terug huis toe. Ons het by die Red Ox Steakhouse geëet. Die kos is ongelooflik lekker gewees en die restaurant was baie mooi."
"Was a shock that things close so early, especially coming from an area where Spar closes at 8pm."
"’n Lieflike Weskus-dorpie met vriendelike mense en genoeg winkels vir alles wat benodig. Pasop vir diewe wat goed steel wat buite staan, veral saans. Sluit alles toe."
"Baie mooi plek en daar is heerlike padstalle en wynkelders om te besoek. Die dorp is mooi, netjies en skoon en het vriendelike mense."
"Mooi dorpie en interessante geskiedenis. 'n Besoek aan die Calvinia-museum is 'n moet. Lekker geëet by die Blou Naartjie restaurant. Hantamhuis het ook 'n interessante geskiedenis."