Geverifieerde Resensie
Underberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Underberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 193 resensies.
"Geleë in een van die mooiste dele van ons land. Die Lemon Tree Restaurant is ons gunstelingeetplek."
"Die omliggende melkplase en mooi uitsigte oor die Drakensberge gee Underberg 'n rustige atmosfeer. Die dorpie het 'n mooi groot SPAR-winkelsentrum met alles wat jy nodig het. Die paaie het wel 'n paar slaggate, maar die natuurskoon maak op daarvoor. Underberg is net 'n klipgooi weg van Himeville, met 'n museum en ander besienswaardighede."
"Die dorp se owerhede besef nie wat se juweel van 'n toeristebestemming Underberg is nie. Hulle moet daadwerklik 'n poging aanwend om die dorp op te knap."
"Sani Pass is the attraction. Himeville, unfortunately, in my humble opinion, is slowly losing it's tourist attraction."
"Underberg die dorp bied nie veel nie, maar die rit op met die Sani pas was asemrowend en beslis die moeite werd."
"Our first visit to Underberg and that part of the country. Next time our stay will be longer to see more of the area."
"Underberg is regtig `n spesiale juweel in ons land en hoop almal kry die geleentheid om die pragtige uitsigte te kan aanskou soon ons dit elke keer sien. Sal beslis weer so maak."
"Underberg is nou een van ons gunsteling stopplekke. The Lemon Tree het ons bederf met middag/ aandete - heerlik. Die Spar was gerieflik net om die draai. Die mense vriendelik, die area ongelooflik mooi en sentraal met baie plaaslike 'plekkies' om te ontdek en baie om te doen. "
"Bied min vir die gewone reisiger. Dit is egter by uitstek 'n bestemming vir bergfietsryers en stappers."
"Verblyf rondom Underberg is perfek as mens die Sani Pas wil doen. Sani Pass Tours was baie bekwaam en is in die dorp geleë. "
"Underberg is underrated, but it is an excellent area for a holiday maker who wants some 'me' time, peace and tranquility. You will lose yourself in the beauty of the area. I have not experienced even one rude person."