Verified Reviews
Escape From Johannesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Johannesburg
Rated 4.2 out of 5 based on 5311 reviews.
Parys, Escape From Johannesburg
La Belle Guesthouse Parys"Om te gaan ontspan of avontuur te beleef, daar is iets vir almal."
Rustenburg Town, Escape From Johannesburg
Rustenburg Boutique Hotel"Lekker bestemming met alle nodige dienste en talle toeristebedrywighede op die drumpel!"
Parys, Escape From Johannesburg
Devondale Guesthouse & Spa"Parys soos Clarens is nog een van daai Vrystaatdorpies wat dit reg gekry het om te verkoop as 'n heerlike toeristebestemming. Ons was tydens die kunstefees in Parys en die dorpie het gegons. Net 100km van Johannesburg laat gee 'n mens werklik kans om sommer vinnig die dol stadslewe te ruil vir 'n baie rustiger omgewing. Net jammer dat daar so min bestemmings soos die op die kaart verskyn."
Pilanesberg National Park, Escape From Johannesburg
The Kingdom Resort"Definitely a place to visit over and over again!"
Potchefstroom Central, Escape From Johannesburg
A Touch of Grace"EK was daar vir 'n week kursus, so het min tyd gehad vir ander besienswaardighede."
Elarduspark, Escape From Johannesburg
Private Apartments"Stil omgewing naby aan hoofweë en Menlyn Mall."
Villieria, Escape From Johannesburg
Waverleysrest"Winkels en restaurante is nabygeleë en die area heel veilig."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Shangrila-Innibos Country Lodge"Die area het geweldig gegroei in die laaste 30 jaar. Daar is heelwat plekke om te gaan en aktiwiteite om aan deel te neem."
Moreletapark, Escape From Johannesburg
Picasso Guest House"Hier is baie om te doen in en om die omgewing. "
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Abendruhe Lodge"Ongelooflike bestemming om wild te geniet en nog steeds naby die stad en lughawe te wees. Klomp restaurante in Dinokeng met variasie van lekker kos."
Parys, Escape From Johannesburg
Mistique Waters"Nie vir bejaardes en gestremdes. Geen behoorlike beweegplek op sypaadjies vir strollers en rystoele."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Thorn Tree Bush Camp - Tented Camps and Cabins"Selfry-roete is by tye baie moeilik om te volg met nie al die paaie wat aangedui is nie, en die roete nommers dui nie orals aan wat die nr van die volgende baken is nie. Maar dit is ook lekker om net rond te ry as jy tyd het. "
Parys, Escape From Johannesburg
A Mountain View Country Estate"Baie oulike plaasdorpie met vriendelike mense en interessante winkels en kuierplekkies."
Parys, Escape From Johannesburg
Gegund Gasteverblyf"Parys is onbeskryflik. Beslis prentjie mooi, kunstenaars dorpie, vintage, nostalgies mooi. Jou gedagtes verdwaal beslis daar met al die mooi. Die gasvryheid staan beslis uit in die dorp en nie eers te praat van die kos nie! Parys is uniek."
Magaliesburg, Escape From Johannesburg
Nullarbor Cottages"Dit is 'n baie eklektiese, rustige plek met 'n interressante karakter."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Rooibank"Ons het die bos en die wilde diere baie geniet, ons het die hele reservaat platgery en dit was wonderlik. Die kaart is moeilik om te verstaan, maar het meer sin begin maak soos wat ons die plek leer ken het. Toiletgeriewe is skraps. Dit is 'n heerlike bestemming, na aan Pretoria en ons sal beslis weer daar besoek aflê."
Parys, Escape From Johannesburg
Roamers Rest"Baie om te sien kuns gewys, maar paaie het baie slaggate. Ook baie vullis wat al langs die rivier rondlê."