Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16426 resensies.
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Noorkapperlaan Self-catering"Meer eetplekke en wat later oopbly."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Ahoy Farmhouse 3"Een van my gunsteling bestemmings in Suid Afrika. Heeltemal gek oor die plekkie en sy mense."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Vredenhof Cottages"Dit is 'n mooi dorpie, net ver van Vredenhof af. Daar is nie 'n kortpaadjie soontoe nie. "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Buitenstekloof Pomegranate Homestead"Dis altyd 'n plesier om Robertson en die omliggende wynplase te besoek. Mens word orals hartlik ontvang en personeel is almal goed opgelei, vriendelik, professioneel en behulpsaam. Toeriste behoort gerus 'n plan te maak om die omgewing te besoek."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Buitenstekloof Pomegranate Homestead"Fantastiese gebied met baie om te sien."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Eastbury Cottage"Die dorp se strate is mooi skoon van rommel en die leegleêrs is bitter min indien enige. Al wat nie aangenaam was nie was die rommel langs die voetpaadjie langs die see Die mense was baie vriendelik in die winkels en op straat. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Astrandt 2"Dit is een baie lekker plekkie. Lekker restaurante en jy is reg by die see. Dis lekker stil so dit maak jou wegbreek kansie baie lekker rustig. Dit is net wat ons nodig gehad het."
"'n Oulike dorpie met pragtige mark, vriendelike mense en 'n lekker atmosfeer."
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloe View Homestay"Baie skoon. Vriendelike diens orals. Sonop en sonsondergange was asemrowend."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
A Hilltop Country Retreat"Swellendam is 'n tipiese plattelandse dorpie met baie eetplekke nie te ver van twee natuurreservate en die see. "
Hannasbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Jaloersbaai Guest Cottage & Nes"Naby aan die minder bekende indrukwekkende fossiel park ('n moet besoek) naby Saldhana. Gerieflike winkels en koffie shops naby die huis. 'n Klipgooi van Paternoster (duur) en heelwat snuistery en ander winkeltjies."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Goedereede Guest Farm Rondawel Cottage"Ek sal enige dag soontoe trek en daar gaan bly!"
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Speelhuis Collection"Ontwikkeling is groot, daar is baie potensiaal vir nuwe vakansiehuise en oorde."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Roos Maryn"Pragtige plek. Lyk soos 'n Griekse eiland met die wit huise. Baie netjiese, goed versorgde tuine."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Chesham House"Restaurante moet asseblief op hulle webwerwe aandui indien hulle tydelik weens verbouings gesluit is. Ons wou eers gaan kyk het hoe Bien Tang's Cave lyk voordat ons daar vir ete bespreek. Aangesien parkering op 'n Saterdag langs die seefront skaars is, moes ons ver loop, net om agter te kom dat die hele area waar die restaurant veronderstel was om te wees, omgedolwe was en die restaurant uiteraard gesluit."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Lagoonside @ 77"Lekker plek om te ontspan en van al jou stres te vergeet."