Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16054 resensies.
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 3"Baie lekker en mooi plek om vakansie te hou, wat wel pla is die baie rondlopers tussen die huise wat mossels en krewe smous, ook by die uitkyk plekke, glo ook baie ondermaat krewe word geoes."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandloper Self Catering Units"Glo nie jy kan sommer mooier kry nie en wat dit so spesiaal maak is dat die honde net so deel van die gemeenskap is, word tot in 'n gedeelte van die restaurant (Milkwood) toegelaat om saam te kuier. Die wandelpad is pragtig, netjies en veilig en ook daar is geen tekort aan die vierpoot gemeenskap, wat dit meer spesiaal maak, nie. Voel regtig baie veilig daar en ook 'n plek waar jy net kan rus in vrede."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
21 on Bakoond"Beeldskoon, rustig, skoon en daar kan mens behoorlik rus in vrede."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Buitenstekloof Pomegranate Homestead"Netjiese skoon dorp met vriendelike mense."
Riviersonderend, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Ponthuis"Daar is nie juis 'n dorp nie, maar die omgewing met die gestroopte koring en kanola lande is baie mooi en die golwende huewels soos ons gery het is baie mooi."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Buitenstekloof Pomegranate Homestead"Ek en my vrou is baie lief vir Robertson en wou graag daar gaan aftree. Pragtige dorp."
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Damhuis"Charmaine het ook vir ons verduidelik waar om inkopies te doen en die dorp lyk mooi en skoon en die winkel is ook goed."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Karoo Moon Motel"Oulike plekkie. Net jammer winkeltjies maak so vroeg bedags toe."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Engela's Overnight Accommodation"Robertson is 'n mooi dorp met verskriklik baie om te doen. Daar is baie wynplase in die omgewing om te besoek."
"Dit is baie besig en mense ry soos mal goed. Besigheidsbesoek is okay, vakansie, nee wat."
Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad
Riviera Hotel & Chalets"Sou meer wou weet waar om te kan gaan ontbyt eet."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Suné's Self Catering"Worcester is seker die skoonste dorp wat ek al ooit besoek het. Mense is besonders vriendelik en gasvry. Ek het my hart daar verloor en sal more trek as ek kan."
"Pragtige klein rustige dorpie. Die lighuis was ons die hoogte punt van ons vakansie daar."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Bietou"Oulike dorp waar ons kleintyd vakansie gehou het. Besig oor die naweke en vakansiedae wat seker nie in almal se smaak sal wees nie."
"Heerlik by die markie rondgeloop, 'n bier-proe gedoen, die droë vrugte winkel besoek, muskadel daar geproe en die aand by Mimosa Inn gaan "fine dine"."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paters Nessie"Dis 'n lekker Weskus dorpie. Baie mooi uitsigte vir foto's neem. Mooi kayak geleenthede vir vroegoggend."
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Fijnbos Manor"Die Porter tuin 'n moet om te besoek , aanbeveel deur Phabion by Fijnbos Lodge en Spa."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Kaalvoet Apartments"Dit was ons eerste besoek ooit aan Yzerfontein, 'n heerlike rustige dorpie met soveel genot."
Die Boord, Ontsnap Uit Kaapstad
Magnolia Place Stellenbosch Guest House"Goeie ligging as jy 'n motor het."
Stilbaai-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Pampoentjie @ Lieflappie Stilbaai See uitsig"Silwerskoon dorp, ons kom van die Oos-Kaap en ek wil nie politiek hierby betrek nie, maar dit verskil hemelsbreed van hoe dit hier by ons lyk! Ons sien met verlange uit om julle weer te besoek!"