Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15801 resensies.
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Ons Huisie"Die dorpie is lieflik, maar kan gerus meer winkeltjies kry waar jy dinge kan kry eg aan McGregor."
Stilbaai-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Bergrosie"Ons wil elke einde van die jaar vakansie in Stilbaai-Wes deurbring!"
"Dis lekker sentraal as mens na Struisbaai en Waenhuiskrans wil gaan. Verkies Napier bo Bredasdorp selfs."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Mermaid Guest House"Jy kan die hele Struisbaai en Agulhas verken oor 2 dae. As die weer sleg is, is daar nie veel om te doen nie."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Blou Deur"Iets vir almal om te doen, mooi strande, stap roetes, bergfiets roetes, goeie restaurante met interessante kunsgalerye en winkels. Hemel en Aarde vallei het 'n uitstekende wynroete. "
Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Crest 70"Oulike en stil dorp. Vat net genoeg vars goed van jou keuse saam sodat daar nie elke dag Gansbaai hoef gery te word nie. "
"Dié dorpie bied genoeg om toeriste te vermaak en dit is ook na aan verskeie ander toeristebestemmings."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Shack"Paternoster is 'n baie mooi klein dorpie, maar nie veel om te sien en te doen nie. As jy nie lief is vir hengel nie, sal jy 'n boek en die stilte waardeer."
Stilbaai-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Muir Holiday Apartments"Heerlike vakansiedorp met alles wat mens benodig. Daaglikse vars vis op die hawe was 'n bonus. "
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Palma Christi Guest House"Baie verbaas oor die grootte van die dorpie, maar baie oulik. Die restaurant 'Flames Grill & Pub' het die beste seafood platter in die Wes-Kaap."
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Cyara"Bettiesbaai en omgewing, 'n snoesige plekkie waar daar liefde en vrede in die lug hang en waar die seemeeue en die see en hul mense jou gasvry, vriendelik en hartlik ontvang."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Da Rooms Accommodation"I love Worcester, the old historic buildings is amazing and the distance to the mall worked for us."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
De Hoop Cottages"'n Pragtige plek om net weg te breek met al die besienswaardighede. Robertson is ook goed geleë t.o.v die afstand na ander naburige dorpies soos bv Montagu. Die wêreld is verskriklik mooi en al die wynplase en mooi toegeruste eetplekke en padstalle is n bonus. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 3"Ons hoop van harte dat die water krisis binnekort verlig sal word, want dit sal jammer wees dat die Paternoster nie langer akkommodasie aan toeriste kan bied weens die waterkrisis in die hele Wes-Kaap omgewing."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Allview Holiday Apartments"Baie mooi, rustig en ongerep. Weer maar onvoorspelbaar!"
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"As Bolandse dorp is Wellington die middelpunt, om die res van die Bolandse dorpe te verken! Onvergeetbare ervaring!"
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie, perfek vir as jy 'n stil wegbreek soek. Almal is baie vriendelik en daars groter dorpe naby genoeg as jy iets wil koop."
Britannica Heights, Ontsnap Uit Kaapstad
Elm Tree Guest Farm"Lieflike ongerepte see, skoonheid om rustig te ontspan."
Saldanha, Ontsnap Uit Kaapstad
La Capitaine"Rustig en kalm atmosfeer. Bring daardie rustigheid en kalmte in jou gemoed. Net wat jy nodig het na 'n besige jaar."
Redelinghuys, Ontsnap Uit Kaapstad
Affi Plaas"Redelinghuys is good as a stop over town. Cemetery and church is worth a visit but really not much to do there."
"Dit is 'n interessante plek, baie stil en rustig en iets besonders as dit jou eerste keer is dat jy die plek besoek."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Petal's Place"Dit is die mooiste dorp tussen die wynlande. Baie lekker om net te ontspan of 'n dag of twee te oornag wanneer jy die lang pad Kaap toe aandurf."