Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6503 resensies.
"Ek is mal oor Graaff-Reinet! Dit is klein, maar vir die omliggende dorpies is dit die "stad" wat byna alles het wat mens nodig om te oorleef in die Karoo."
"Die pad na Koffiebaai is baie sleg, vol potholes. Miskien kan hulle iets doen om die paaie 'n klein bietjie beter te maak."
"Pragtige strand, rustig. Net een nadeel: die grondpad na Oesterbaai is 'n groot ongerief."
"Ek is bly ons het tyd gemaak om Hogsback te besoek. Die natuur is mooi maar het tog ook gesorg vir 'n mate van teleurstelling. Ons kon nie help om agter te kom hoe baie bome afgesaag was nie. Wat ook opvallend was, was hoe min diere en voëls ons te sien gekry het. Geelbek bosduiwe, 'n paar Samango-apies en 'n paar bobbejane. Laaste maar nie die minste nie, die toestande van so te sê al die paaie was baie sleg. Jy kan net R250 per transaksies onttrek by die OTM wat by die Spar staan en teen 10 uur die oggend is die OTM leeg vir die res van die dag."
"Die dorpie voel soos regte platteland. Ongelooflik rustig en sooo veilig. Die uilmuseum was baie besonders. Sal die ervaring nie vergeet nie."
"An amazing little town. We loved walking the streets and meeting some of the very friendly and helpful locals. A great place for a break."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Garden Sanctuary Suites"Lekker plek om in te woon. Geniet die see."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Addo Park View - Sundaze Riverside House"PE has a lot of hidden treasures, we are from PE, and we are beginning to realize that we do not have to travel far for a quick breakaway from work and home."
"'n Moet doen is die twee roetes rondom Cannon Rocks, tussen die melkplase deur asook tussen die wildplase. Besoek gerus Roes, die plaaslike restaurant en nie ver van Bay View nie. Besoek ook Stanley's Restaurant. Cannon Rocks is 'n stil en veilige omgewing om te gaan afpak en rus."
"My voorouers het lank daar gewoon en my pa het daar grootgeword (Somersetstraat 66), so ons verbintenis is sterk."
"The townspeople where super friendly. What an amazing little town. Made us feel like we were one of them."
"Dis 'n baie mooi dorp en al die mense waarmee ons te doen gekry het was ekstra vriendelik. Eetplek was net so lekker."
"Cintsa is stil met lang strande om op te loop. Dit is dierevriendelik en perfek as jy wil wegkom van die besige samelewing en wil rus."