Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.32 uit 5 gekry volgens 2877 resensies.
Frederik F. - 7th July 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige dorp met baie besienswaardighede en dinge om te doen.
Elize S. - 6th July 2019
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Nieu-Bethesda is 'n pragtige dorpie met heerlike restaurante, fietsryroetes en kunswerke.
Annabe P. - 6th July 2019
staying in Oos-Kaap
Pragtige provinsie wat geweldig baie bied.
Angela S. - 6th July 2019
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Very interesting town to visit, quaint and quirky.
Melinda O. - 5th July 2019
staying in Mill Park, Oos-Kaap
Lovely area with beautiful houses and gardens.
Belia V. - 4th July 2019
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Die besoek aan die Uilhuis was 'n aangrypende ervaring. Ons is diep aangegryp deur die lewe en werk van Helen Martins.
Sonika B. - 3rd July 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons slaap oor op Graaff-Reinet op pad George toe.
Zimasa M. - 3rd July 2019
staying in Framesby, Oos-Kaap
It was my first time at Framesby. I never knew even about it before. but its a nice place and very easy to find.
Juliet M. - 2nd July 2019
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Almal moet ten minste een maal Rhodes besoek!
Trevor D. - 2nd July 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Dorp vol en ryk aan geskiedenis. Baie netjies met eie karakter.
Jeanne E. - 2nd July 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Mooie dorp in die Camdeboo wat 'n mens moet ervaar.
Issie J. - 1st July 2019
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Nieu-Bethesda is een van daardie plekke wat 'n mens terugneem na 'n era toe daar baie tyd was om te kuier, om rond te drentel en net om te wees. Dit is egter nie moontlik om Nieu-Bethesda met net een besoek 'in te neem nie', en daarom moet jy met jou vertrek reeds die volgende besoek beplan.
Issie J. - 1st July 2019
staying in Cradock, Oos-Kaap
Cradock beskik oor die vermoë om waarskynlik een van dié toeristebestemmings in Suid-Afrika te wees. Daar is soveel geskiedenis in en om Cradock. Daar is die Bergkwagga Nasionale Park wat baie pragtig is en 'n klipgooi buite die dorp. Die NG Kerk op die dorp is moontlik een van die mooiste NG kerke in Suid-Afrika. Die geboue van Cradock Hoërskool is 'n moet om te sien. By die Olive Schreiner huis kry 'n mens nie net 'n beter begrip van haar en haar familie se lewe nie, maar ook van die mense van Cradock gedurende daardie tyd. Cradock het van die mooiste ou huise in een dorp wat met 'n bietjie aandag en restorasie elkeen waarskynlik in 'n besienswaardigheid omskep kan word. Die monument van die Cradock 4 is 'n moet om te besigtig. Probeer om saam met 'n gids te gaan wat ondermeer agtergrond kan gee waarom die monument juis op die spesifieke plek opgerig is. Wat ook belangrik is, is om met mense van Cradock te gesels oor al die geskiedenis van die dorp en die omgewing. Cradock is soos 'n goudmyn wat wag om ontgin te word. Die een groot faktor wat Cradock moontlik daarvan weerhou om 'n gewilde toeristebestemming te word, is die nalagtigheid van die munisipaliteit om instandhoudingswerk aan paaie en die algemene infrastruktuur van die dorp te doen. Mag dit in die toekoms verander.
Issie J. - 1st July 2019
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Geen opmerking of kommentaar sal reg kan laat geskied aan Hogsback nie. 'n Mens moet dit eenvoudig self beleef. Die feit dat Hogsback redelik hoog bo seespieël lê, gee vir 'n mens die gevoel dat jy in 'n ander wêreld is, ver verwyder van enige iets wat bekend is. Die waarde daarvan om Hogsback te besoek, lê nie net in die besoek van alles wat Hogsback bied nie, maar ook om met die inwoners te praat en hulle stories oor Hogsback te hoor. Die enigste negatiewe kommentaar oor Hogsback, is die toestand van die paaie. Dit sluit die enigste teerpad in Hogsback in, asook die grondpaaie na al die verskillende besienswaardighede en gastehuise.
Deon L. - 1st July 2019
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Baie om te sien. Die paaie is nie van die beste, maar die natuurskoon is asemrowend.
Renette V. - 30th June 2019
staying in Mount Croix, Oos-Kaap
Gerieflik en sentraal na al die plekke van Port Elizabeth.
Maryka E. - 29th June 2019
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Baie skoon dorp!
Yvonne V. - 29th June 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Besoek gerus die Camdeboo Nasionale Park en die Vallei van Verlatenheid, dit is pragtig!
Hennie B. - 29th June 2019
staying in Somerset East, Oos-Kaap
Die restaurant agter Avondrust is puik, bespreek net vroegtydig.
Loni E. - 28th June 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Camdeboo voortreflik. Argitektuur pragtig. Voel veilig.
Andries P. - 27th June 2019
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Toekomstige toeriste ─ dit is beslis 'n vakansiedorpie, diens eers van 9 uur en 11 uur beskikbaar. Grondpad van Hogsback na Cathcart moet liewers met 'n donkiekar as motor aangepak word.
Wilco V. - 27th June 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Oulike dorpie vir oorslaap. Aangename mense. Ons kom beslis weer kuier by die pragtige dorpie!
Akhona M. - 27th June 2019
staying in Nahoon, Oos-Kaap
It's the place to be.
Mary-anne M. - 27th June 2019
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Soul food.
Marjorie G. - 26th June 2019
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Pragtige natuurskoon en veilig!
Jan S. - 26th June 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Mooi dorpie, maar ons het net oornag en verder gery.
Maweni M. - 26th June 2019
staying in Humewood, Oos-Kaap
Humewood has all the necessary facilities.
Nozuko N. - 26th June 2019
staying in Newtonpark, Oos-Kaap
Very safe.
Louise P. - 25th June 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Was 'n lieflike ervaring. Het daar verjaar en behalwe fossiele kyk, het ek omtrent alles gedoen wat my batterye laai. Lekker kos en spa by Drostdy, kunsmusiek, antieke winkels, kerkdiens in die kerk en volmaan by Die Vallei van Verlatenheid.
Anina A. - 25th June 2019
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Dis 'n gawe plekkie en ons sal beslis weer gaan, en ook ons vriende saamneem.
Ralton L. - 25th June 2019
staying in Walmer, Oos-Kaap
Baie mooi dorp.
Aletta B. - 24th June 2019
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Die hele plek nogal vervalle. Besef dit was baie droog daar afgelope 2 jaar, dus het hulle nie beheer daaroor nie. Pad so vol slaggate omtrent onrybaar. Dit lyk of die munisipale dienste hulle in die steek gelaat het.
Adéle V. - 24th June 2019
staying in Grahamstad, Oos-Kaap
Die paaie is absoluut pateties. Verder 'n lieflike dorpie met baie geskiedenis, lieflike ou geboue en baie vriendelike, behulpsame mense.
Christiaan M. - 24th June 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaff-Reinet is inderdaad die Juweel van die Karoo. Besoek ten minste die Vallei van Verlatenheid, die Residensie en die ongelooflik interessante Reinethuis. Die pragtige NG Kerk kan mens natuurlik nie miskyk nie. Onthou om kontant te hê vir toelating tot van die besienswaardighede.
Marina S. - 24th June 2019
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp en so ryk aan geskiedenis! Mag dit altyd bewaar bly.
Carolien B. - 24th June 2019
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Wonderlike belewenis! Dorpie is skoon en netjies met spesiale en vriendelike mense! Bookcovers boekwinkel is ‘n juweel! Uilhuis ‘n emosionele belewenis, maar die mense wat heeltyd iets aan jou wil afsmeer is aaklig. Netjies opgerigte afdakstalletjies is ‘n moet aangesien daar tans nie strukture is nie.
Sharon S. - 24th June 2019
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Hogsback is really in the middle of nowhere and very high up in altitude. The main road in Hogsback is full of potholes. Having a 4X4 is recommended.
Dawie D. - 24th June 2019
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Pragtige dorp! Die rustigheid is tasbaar.
Alma D. - 21st June 2019
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Baie besonderse plek om te besoek.
Charl M. - 21st June 2019
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Soos ek voorheen gesê het, die plekkie bly pragtig, maar is aan die kwyn van wat ons 20 jaar gelede beleef het. Te afgeleë om ‘n tweede asem te kry soos bv. Greyton/Pilgrimsrus.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za