Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6660 resensies.
"Interessante dorpie, pragtig as mens oor die berg inkom. Beslis ‘n unieke SA ervaring."
"Soos baie ander plattelandse dorpe sal die owerheid moet aandag skenk aan die infrastruktuur in Middelburg. Daar was nogal heelwat gate in die teerpad op pad na die gastehuis."
"Baie goeie area om te oornag of n dag of twee te spandeer. Mense kan ook heelwat langer bly as gevolg van alles om te sien en te doen. My kinders het in die Camdeboo Nasionale Park gekamp vir die nag en was ook baie tevrede."
"Die paaie is maar rof en staproetes verwaarloos maar dis alles die moeite werd om soveel natuurskoon te kan ervaar."
"Unfortunately the hot springs have been left to go to rack and ruin.Everything is closed on a Sunday, no eating establishment was open. Even the Super Spar closes at 1:00, fortunately we had breakfast at Irelander and could do a braai in their amazing braai facilities."
"Skoon dorp. So mooi gerestoureer. Die "Vallei van Verlatenheid" is 'n moet sien."
"Niks uitstaande of besonders wat diere betref. Die bos is te ruig, veral teen die pad maar fasiliteite is puik."
"Wat 'n verrassing! Klein maar daar is soveel om te sien en kan lekker koud raak!"
"Wonderlike omgewing, maar paaie en infrastruktuur laat veel te wense oor. Sommige staproetes onveilig weens ontbrekende roete aanwysings en gebrekkige instandhouding. Tog wel die moeite werd."
"Dit sal seker afhang van mens tot mens en waaraan hulle belangstel, maar vir ons was Summerstrand regtig 'n heerlike plek om te bly en vir ons genoeg om te sien en te doen."
"Mooi, klein en intiem, heeltemal weg van die stadslewe af. Ons kon net nie 'n lekker familierestaurant in die area kry met 'n mooi see-uitsig nie. Daarvoor moes ons teruggaan Genubie toe. Crawford Cabins was mooi maar het net buffets. "
"Een van my gunsteling dorpies om te besoek en met oulike restourante en heerlike kos!"
Somerset-Oos (KwaNojoli), Oos-Kaap
Gate 66"Baie mooi dorpie, sal graag weer kom kuier! Interessante geboue en gasvrye mense ontmoet!"