Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6442 resensies.
"Pragtige dorpie met baie rondry paaie, naby aan Tiffendell vir sneeu speletjies in die winter. Lekker om rond te stap en te kyk na al die ou geboue."
"Ons was daarmee beïndruk dat besienswaardighede op 'n Sondag besoek kon word. Hekwag by ingang tot Vallei van Verlatenheid het ons gewaarsku dat ons weens mistigheid niks sou kon sien en ons het dus nie onnodige uitgawes en tyd bestee. Baie netjiese en skoon dorp."
"Oesterbaai is gewoonlik stil en is nie die tipiese oorbevolkte en raserige vakansiebestemming nie. Dit is ideaal vir 'n wegbreek waar die doel is om weg te kom van die besige lewe. Omdat daar nie baie toeriste kom nie, moet mens egter voorsiening maak daarvoor dat die winkel nie alles aanhou nie, en dat voorrade op Humansdorp (30 km) aangekoop moet word. "
"We only had an overnight stay, but being on the N2 close to PE and Grahamstown makes it a lovely place to stay with easy access to Addo and we enjoyed the zipline at Addo Adrenalin as well."
"Steytlerville het 'n unieke voorkoms met die familiename wat deel is van die hoofstraat. Die hoofstraat was heel netjies. Die mense wat vir ons gehelp het, Dawid en Wally, was gaaf en ons is heelwat dankbaar aan hulle. Ons het aspris al die klein paaie gery sodat ons Suid-Afrika se klein dorpies kan ervaar en as dit is wat jy will doen as deel van jou vakansie, is Steytlerville nogal 'n plekkie vir 'n ruskansie."
"'n Sjarmante dorp met 'n lang en ryk geskiedenis. Besoek gerus die plaaslike Drostdy Hotel om een van die bes bewaarde historiese geboue in Suid-Afrika te waardeer. Keurige en stylvolle interieur versorg deur Stephen Falcke."
"Berge in die Oos-Kaap is asemrowend en klein dorpies 'n spesiale toeriste-aantreklikheid!"
"Behalwe die see en strand (baie rotsagtig) is daar nie veel om te doen nie, maar as jy wil rus is dit die regte plek om af te skakel."
"Daar is heelwat om te doen en te sien op Nieu-Bethesda en mens het meer as een dag nodig om alles in te neem. Ek beveel die bestemming vir baie mense aan om te gaan ervaar en ontdek."
"Cradock has some lovely historical sites to visit; very close to Mountain Zebra National Park!"
"Great place to have a holiday. It offers many things to do and the restaurants are very good."
"Have and will always love Gonubie. Will never stay anywhere else when we come to East London."
"As mens oor 'n naweek in Aberdeen oornag kan eetplekkies 'n probleem wees aangesien alles toe was. Gelukkig het ons heerlike vleis gekry om te braai by die klein kafeetjie en op die einde 'n feesmaal geniet. 'n Mens moet net voorbereid kom wat kos aanbetref. Ons sal weer daar oornag."
"Lady Grey is 'n pragtige dorpie met baie karakter. Dis baie stil en rustig en die berge wat dit omring verseker 'n mooi uitsig van alle kante af."
"Lieflike plek wat ver bo my verwagtinge was. Definitief aan te beveel vir 'n vakansie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Goeie inkopiesentrums en ander besienswaardighede. Lieflike omgewing."
"Saans moet 'n mens maar versigtig wees in die omgewing. Bedags geen probleem en binne loopafstand van strande, Bayworld en stadmuseums. "