Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.32 uit 5 gekry volgens 2877 resensies.
Leonard H. - 20th September 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Polka
Jan F. - 20th September 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige, netjiese skoon karoo-dorp, altyd lekker om dit te besoek!
Magda D. - 20th September 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Daar is 'n lewendige atmosfeer in die klein dorpie met sy historiese huisies en geboue, asook allerhande interessante snuffelwinkels en eetplekke.
Deon B. - 19th September 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaf-Reinet is 'n pragtige skoon dorp.
Michael A. - 18th September 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
The Owl House, Fossil Centre, Church and graveyard make the visit really worthwhile. Be prepared to pay city prices for most foods/beverages. The friendly bookshop is well stocked. The local crafters make good products and each tourist should support them
Trevor Stedman P. - 14th September 2016
staying in Tarkastad, Oos-Kaap
Never toured the town but it was clean and tidy when we left in the morning.
Andre W. - 14th September 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Polka restaurant is baie stylvol met goeie kos. Personeel professioneel en baie vriendelik.
Sandy B. - 9th September 2016
staying in Grahamstad, Oos-Kaap
An amazing town - clean and well preserved. The community takes pride in the heritage.
Andrew H. - 9th September 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Lovely little town with happy people.
Gideon H. - 7th September 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Prentjiemooi.
Hermien V. - 7th September 2016
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Moenie hierdie dorp onderskat nie.
Francois D. - 6th September 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Baie om te sien. Hier is museums, geskiedkundige geboue, monumente, natuurreservaat en die Vallei van Verlatenheid en ook net 'n klipgooi ver van Nieu-Bethesda met al sy besienswaardighede. Beslis 'n besoek werd.
Mias S. - 6th September 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Tifindale definitief 'n plek om te besoek in die Winter. Jou ryding moet net reg wees!
Dirk T. - 3rd September 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Nie tyd in die dorp spandeer nie.
Dirk T. - 3rd September 2016
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Baie lekker gaan eet by La Rock Restaurant. Ook aan te beveel.
Magda D. - 3rd September 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Weliswaar 'n besoek werd in 'n mens se leeftyd. Wees voorbereid dat opsies vir aandete beperk is.
Lize G. - 1st September 2016
staying in Venterstad , Oos-Kaap
Small little town. Really small. A little neglected, what a pity.
Piet D. - 1st September 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Baie interessante plek wat ons graag weer sal wil besoek.
Marina D. - 29th August 2016
staying in Humewood, Oos-Kaap
Daar is baie om te sien en te doen in die area.
Nikki B. - 25th August 2016
staying in Despatch, Oos-Kaap
Heerlike klein dorpie.
Johan M. - 25th August 2016
staying in Grahamstad, Oos-Kaap
Jy sal 2 dae of so daar moet spandeer om die museums en geskiedkundige plekke te besoek.
Christine L. - 24th August 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
'n Groot verrassing. Die Uilhuis ongelooflik interessant. Die bierbrouery 'n wenresep en Jacob met sy donkierit 'n juweel. Naas Montagu, my gunsteling battery-herlaai-dorp.
Carinda L. - 24th August 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Baie oulike plek.
Braam V. - 24th August 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Redelik tot goed.
Elrina O. - 23rd August 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
'n Bonus is die toer deur die dorpie op Jakob van Staden se donkiekar. Kry gerus sy nommer by die Uilhuis en kontak hom. Dit was ons hoogtepunt! Hy het groot geword in die omgewing en ken die geskiedenis en die plek soos die palm van sy hand. Die Uilhuis is iets besonders om te besoek. Die dorpie is 'n lafenis vir die rustige reisiger. Skape en Perde loop in die dorpstrate rond. Van die winkeltjies is slegs oop gedurende hoogseisoen. Verskillende staproetes kan in die omgewing gedoen word. Sal aanbeveel dat daar meer as een aand oorgeslaap word. Pragtige murasies en ander opsies vir die entoesiastiese fotograaf. Tieners kan die dorpie dalk as bietjie stil ervaar, maar vir ons was dit 'n lafenis vir die siel!
Sanette L. - 22nd August 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Dis 'n pragtige Karoodorp met 'n ryk geskiedenis en baie besienswaardighede. Beplan om vir 'n paar dae terug te gaan om meer van die besienswaardighede te besoek.
Annelies F. - 18th August 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Goeie plek om weg te kom van die gejaag van die lewe.
Adrilize L. - 18th August 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Definitief die moeite werd. Dit was net 'n fees!
Christine O. - 18th August 2016
staying in Cannonville, Oos-Kaap
Die Sondagsrivier wat daar deurvloei is regtig baie mooi en die riviermond is ongelooflik mooi. Vriendelike, gasvrye mense.
Hendrick S. - 17th August 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Baie bekommerd oor diefstal. Ons het die inbraak by die polisie aangemeld, maar het geen ondersteuning gekry nie. Behalwe vir dit is Rhodes 'n pragtige plek.
Henry V. - 17th August 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige dorp met mooi ou geboue. 'n Dorp met karakter!
Annette V. - 16th August 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtig!
Niekie V. - 11th August 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige dorp.
Wim D. - 11th August 2016
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Baie koud vir bosvelders uit Limpopo!
Gerhard V. - 10th August 2016
staying in Aberdeen, Oos-Kaap
Blue Room is die enigste eetplek op die dorp. Baie lekker kos by die Camdeboo-padstal. Panele in die kerksaal baie besonders. Die kerk is indrukwekkend. Daar is `n paar fantastiese huise uit die dorp se gloriedae. Doen die sirkelroete via Murraysburg en Graaff-Reinet - wonderlike landskappe. En Aberdeen is net `n halfuur se ry van Graaff-Reinet af.
Reinette V. - 10th August 2016
staying in Steytlerville, Oos-Kaap
Mense is baie vriendelik. Geen bedelaars wat ons gepla het nie. Dorpie is baie skoon en rustige area.
Yvette H. - 8th August 2016
staying in Venterstad , Oos-Kaap
Wat 'n wonderlike deel van Suid-Afrika om deur te gaan. Prentjiemooi!
Etienne V. - 7th August 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Wil weer gaan om meer van die omgewing te sien.
Hettie B. - 5th August 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Baie aangename plek. Inwoners baie vriendelik.
Lana H. - 1st August 2016
staying in Hogsback, Oos-Kaap
'n Belewenis van natuurskoon, watervalle, en plattelandse sjarme.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za