Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6501 reviews.
"We had trouble logging into the WiFi. That was the only negative experience we had there."
"Baie om te sien en te doen. Pragtige natuurskoon. Buurdorpies naby om te verken."
"Die dorp se strate is mooi skoon van rommel en die leegleêrs is bitter min indien enige. Al wat nie aangenaam was nie was die rommel langs die voetpaadjie langs die see Die mense was baie vriendelik in die winkels en op straat. "
"'n Oulike dorpie met pragtige mark, vriendelike mense en 'n lekker atmosfeer."
"Swellendam is 'n tipiese plattelandse dorpie met baie eetplekke nie te ver van twee natuurreservate en die see. "
"Restaurante moet asseblief op hulle webwerwe aandui indien hulle tydelik weens verbouings gesluit is. Ons wou eers gaan kyk het hoe Bien Tang's Cave lyk voordat ons daar vir ete bespreek. Aangesien parkering op 'n Saterdag langs die seefront skaars is, moes ons ver loop, net om agter te kom dat die hele area waar die restaurant veronderstel was om te wees, omgedolwe was en die restaurant uiteraard gesluit."
"Regte ligging vir rustigheid, maar tog ook baie naby Hermanus vir besigheid en restaurante om na uit te wyk. "
"Rustig en stil, maar naby die gewoel van Hermanus. Dagreise na verskeie plekke (Hemel-en-Aarde, Stanford, Gansbaai) binne maklike bereik."
"Baie poachers. Ons het gesien hoe hulle elke oggend afgelaai word en dan die aand weer opgetel word. Een van hulle het my skoonsuster skrik gemaak. Dit is baie pet friendly en die Mall is naby, asook 'n 24 hour Woolworths."
"I chose Bredasdorp specifically as a stay over place as I am writing travel blogs and posting photographs on social media relating to each place travelled. "
"Sandbaai is 'n lieflike dorp naby Hermanus met al die winkels binne bereik. Die mense is vriendelik en ons het ons vakansie werklik geniet. "