Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 938 resensies.
"As jy hou van antieke goedere en handgemaakte produkte en plaaservaringe is hierdie die plek vir jou."
"Baie mooi dorp en baie gasvrye mense. Sal enige tyd weer teruggaan vir shopping."
"Parys is 'n baie en goeie besteming om te besoek en bly want daar is so baie om te doen om en in die dorp."
"Lovely little town with its nice restaurants and antique little shops."
"Dis 'n pragtige plek met die oulikste winkels en eetplekke. Netjiese en baie goeie toeruste bestemming. Sal weer gaan."
"Die Vaalrevier is 'n aantrekking en ek sal weer in die omgewing kuier."
"Baie lekker en die moeite werd, wonderlike ervaring in en om die dorp, heerlike eetplekke en mooi winkels."
"Parys met al sy antieke- en kunswinkels is 'n belewenis. Woensdae tot Sondae 2nm beste tye. "
"Parys is werklik 'n belewenis, om slegs 150km vanaf JHB af te ry en hierdie dorpe te besoek op 'n naweek is definitief die moeite werd. Koffie winkels, antieke winkels van die boonste gehalte, lekke gees in die aande by die restuarante en die vriendlikste mense wat ek al teëgekom het. Parys en sy gasvreiheid sal ons definitief gou weer sien."
"Many interesting shops and galleries. Will have to return to see the rest of Parys."
"Dis 'n lieflike dorp met oulike winkels wat vir almal voorsiening maak. Lekker eetplekkies. Fun2chino was 'n hoogtepunt vir ons 3-jarige seuntjie."