Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1533 resensies.
"Ons doen elke jaar die blommetoer en een van ons oornag-akkommodasies is Paternoster. Die terugvoer van my groepe is Paternoster hul gunsteling toeristebestemming uit 10 bestemmings wat ons besoek."
"Such a beautiful village with lots of restaurants and pubs and beautiful scenery. "
"Paternoster is die vakansieplek waarheen ek elke jaar sal gaan. Gasvryheid, veiligheid, see en hul mense. Baie om te doen en te sien."
"Ons is so lief vir Paternoster! Stil, rustige dorp vir 'n goeie wegbreek!"
"Weskus seekos, restaurante om van te kies en keur. Winkeltjies met die mooiste snuisterye, At se galery. Tradisionele vissermanbootjies wat elke dag die dag se vangs terugbring land toe. Beslis aanbeveel vir elke toeris om te besoek."
"Lieflike dorpie. Ek is mal oor die plek. Voorstrandt Restaurant is een van my gunstelinge. Met die beste calamari ooit. Maak net seker jy book anders gaan jy nie plek kry nie."
"Dis 'n baie lekker dorpie waar mens ver kan stap en fietsry. Die voorstrand se see is lekker rustig."
"Dis my tweede keer daar en ek gaan definitief weer kom afpak. Dit gee net daai rustigheid aan die Kapenaars."
"Quaint town with warm people. Fishing boats active, so fresh seafood. Lots of accommodation available to suit everyone's pockets."
"Paternoster is a beautiful place to visit but not staying at Strandlopertjie ever again."