Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1247 resensies.
"Altyd lekker om van die plaas af ‘n naweek daar deur te bring ter wille van die winkels, restaurante, kwekerye en vermaak."
"Ons gaan gewoonlik vir besigheid, maar daar is genoeg vermaak as mens sou wou langer vertoef."
"Taxi's is ’n probleem. Geen respek vir ander padverbruikers nie. Sommige dele van Pretoria voel baie onveilig. Ons het veilig gevoel waar ons gebly het."
"Pretoria bied jou alles in elke situasie. Pretoria was nog altyd 'n spesiale destinasie."
"In die omgewing waar ek was, was almal vriendelik en behulpsaam wat ek, as Vrystater, baie waardeer het."
"Soveel lekker kuierplekke in omgewing. Alles wat nodig is om jou verblyf die moeite werd te maak is binne bereik."
"Ons is dalk te oud maar die stadsverkeer is te lawaaierig en o so besig! Sal volgende keer bietjie verder ry en dalk iets net buite 'n dorp gaan geniet!"