Verified Reviews
Pretoria
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pretoria
Rated 4.3 out of 5 based on 1274 reviews.
"Het nie veel tyd gehad om die area te verken, maar dit lyk na 'n rustige buurt."
"Nie te ver van Internasionale Lughawe. Groot sentrums in radius van 7 km. Was meer as voldoende vir ons doeleindes. "
"Dit is baie toeganklik vir persone wat in daardie deel van die stad wil tuisgaan. Aangename verblyf."
"Ek het die buurt besonder skoon gevind en die sypaadjies was oral instandgehou."
"Baie veilig waar mense nog kan stap in die strate en die kinders op hulle fietse kan rondry."
"'n Stad wat meer bied as wat mens verwag, veral as jy in geskiedenis en kultuur belangstel. Naby aan baie ander toeristebestemmings en verrassend baie natuurreservate."
"Fantastiese ligging in Pretoria. My GPS was net bietjie deurmekaar om by die korrekte hek van die veiligheidsarea in te gaan, maar die groot aanwysings maak dat mens maklik jou bestemming bereik. Dis werklik naby Menlyn en die hoofweg."
"My waarneming is dat Rietfontein 'n ou deel van Pretoria is, teenoor byvoorbeeld Montana net agter die Magaliesberg wat 'n meer moderne voorkoms asook groot winkelsentrums, sportgeriewe en toegang na talle gewilde handelsmerke bied. Rietfontein is plat en kouer in die winter, teenoor die noordekant van die berg wat 'n subtropiese klimaat saam met 'n uitsig noordwaarts bied. Gawe en vriendelike inwoners en gerieflike oornagverblyf ten spyt, vermoed ek Rietfontein kan doen met 'n vernuwingstrategie."