Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 2152 reviews.
"Die strand was nie regtig beskikbaar nie, maar was te verstane a.g.v. die vloede wat daar was."
"Margate se strand self was toe vir swemmers, en die mense wat gewoonlik sit en goedere verkoop het baie afgeneem, dalk omdat ons buite seisoen daar was, maar Lucia strand was baie nice. Margate se eetplekke was van die beste. The Grove, Papa Rika en Mosambik was die beste."
"Die mense is vriendelik en besighede is dankbaar vir die ondersteuning."
"Pennington was 'n baie lekker plekkie ek moet erken. Hulle kan dalk net aan hulle paaie werk. Ons het baie lekker vakansie gehou, behalwe vir al die reën vir die eerste paar dae, maar andersins was dit awesome."
"Mooi woongebied, maar vakansiegangers moet na restaurante en ander vermaak ry."
"Hulle kan gerus meer aandag daaraan gee om die strande meer gereeld skoon te maak. Ons met menigte male stukkende glasbottels opgetel wat uit die see uitspoel. As 'n ouer van 2 klein kinders sien ek dit as 'n groot gevaar."
"Die plaaslike mense is ongelooflik vriendelik en behulpsaam. JJ's take away het sommer langer oop gebly vir ons omdat ons bietjie laat daar was om kos te bestel. TidyTowns is 'n groep wat strande skoon maak van Margate tot in Shelly Beach. So na die vloede was die strande weens omstandighede baie skoon en mooi. Ek sal oor en oor Uvongo toe gaan net vir die plaaslike mense wat so baie vriendelik en behulpsaam was."
"Closer to the mall and petrol station. A walk to the beach. Quiet and peaceful."