Resensies van Sutherland

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sutherland bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.42 uit 5 gekry volgens 442 resensies.
Sakkie B. - 19th September 2019
staying in Sutherland
'n Móét-besoek, ten minste eenmaal in 'n mens se lewe. Jurg se sterrekyk-belewenis is ook 'n móét en die planetarium se twee vertonings was 'n besonderse ervaring! Net jammer dat die N.P. van Wyk-Louw-museum nie meer oop is nie.
Jenni B. - 18th September 2019
staying in Sutherland
What do you do there? Is always the question asked when we say we are off to Sutherland for a long weekend. This place has an atmosphere all of its own and you just need to visit it once, to experience it and get hooked. Our August/September annual destination for a weekend away. Recommended to everyone.
Braam V. - 17th September 2019
staying in Sutherland
Fantastiese mense, rustig en vriendelik. Afrikaans bly steeds bo by dié plekkie!
Johan L. - 16th September 2019
staying in Sutherland
Oulike dorp en die sterrewag en sterrekyk is iets wat elke Suid-Afrikaner ten minste een maal in hul lewe daar moet beleef.
Malinda W. - 16th September 2019
staying in Sutherland
Loved every moment.
Andre S. - 12th September 2019
staying in Sutherland
Ongelooflik koud. Moet dit self beleef om te waardeer.
Francois D. - 9th September 2019
staying in Sutherland
Belê in die geleentheid om te gaan sterre kyk in Sutherland. Trek warm klere aan! Dit is ontsettend droog op die oomblik. Daar is basiese winkels op die dorp. Maak 'n bevestigde bespreking, voor u die dorp besoek, veral in blommetyd. Daar was twee groot toerbusse met toeriste wat saam met ons by die sterre-kyk was. Akkommodasie is beperk op so 'n klein, gewilde dorpie.
Riekie W. - 7th September 2019
staying in Sutherland
Ten spyte van die geweldige droogte, bly Sutherland 'n besondere plek, met baie om te bied.
Rudolph D. - 5th September 2019
staying in Sutherland
Lekker dorp en lekker mense. Vriendelik!
Hennie M. - 3rd September 2019
staying in Sutherland
Uitstekende sterrekykgeleenthede!
Rob H. - 2nd September 2019
staying in Sutherland
Very quiet little town, you need to spend at least a day here.
Maryna P. - 2nd September 2019
staying in Sutherland
'n Tipiese klein dorpie, rustig en skoon met vriendelike mense by die slaghuis en restaurante.
Jules F. - 28th August 2019
staying in Sutherland
Netjiese, skoon dorpie met baie vriendelike mense.
Riana G. - 28th August 2019
staying in Sutherland
'n Pragtige, skoon dorpie waar mens nog in die strate kan stap en die sterre bewonder. De Oudemeule Restaurant is beslis 5 ster wat kos en atmosfeer betref. Die beste pizza en kerriekos! Die Whitehouse Inn het ook 'n lekker kuier area en pub gevoel, veral as mens plek soek om sport te gaan kyk en hulle Burger bar het die heerlikste, tuisgemaakte, 200 g pattie skaap/beef burgers. Sal beslis weer Sutherland besoek. Daar is meer as genoeg aktiwiteite, buiten die Planetorium en Observatory. Gaste kan ook so 110 km verder ry na Matjiesfontein wat 'n museum dorp is en 'n Goeie stukkie geskiedenis inkry met heerlike etes en kuierplekke.
Klaus Z. - 26th August 2019
staying in Sutherland
Sutherland's accommodation in general is expensive, and mostly fully booked in winter, when the snow has fallen!
Shanan S. - 26th August 2019
staying in Sutherland
Historiese dorp, baie interessant. Lekker kuierplekke.
Marita S. - 26th August 2019
staying in Sutherland
Sien julle weer!
Ahraas E. - 21st August 2019
staying in Sutherland
Not much to do.
Ciska S. - 19th August 2019
staying in Sutherland
Daar is so baie doen dinge. Besoek Die Blue moon (lekker melkkos) en die Strawberry moon (oulike presentjies). Die Jupiter (warm ontvangs) en ook die Mall. Die staproetes en Salt en natuurlik Jurg se sterrekyk! Die koue was 'n challenge, maar die maan en Saturnus se ringe het ons laat vergeet van koud kry.
Lourenta R. - 16th August 2019
staying in Sutherland
Lieflike, skoon dorpie met die pragtigste sterrehemel!
Bernise S. - 12th August 2019
staying in Sutherland
An old town, with not too much to do except look at the stars and it's all closed on a Sunday so make your trip the Friday/Saturday.
Tina S. - 11th August 2019
staying in Sutherland
Dis 'n klein stukkie koue paradys met warm mense. Pragtige, vriendelike plek.
Marius F. - 10th August 2019
staying in Sutherland
Naby Tankwa Park en Midddelpos asook bes bewaarde geheim: die mooiste bergpas in die wêreld, nl. Ganagapas. Sterrekyk Plantarium en Sterrewag asook Louwhuis 'n moet sien!
Eli B. - 9th August 2019
staying in Sutherland
Netjiese dorpie met baie te doen. Nogal 'n stywe entjie vanaf die N1.
Jac D. - 6th August 2019
staying in Sutherland
Sutherland hoort op enige reisiger se bucketlist!
Lizelle K. - 6th August 2019
staying in Sutherland
Pragtige dorpie - "a must see"! Baie om te doen!
Kobus V. - 3rd August 2019
staying in Sutherland
Tipiese Karoodorpie met baie beperkte aankoopgeleenthede. Strate was baie netjies en skoon en inwoners vriendelik. Winkels moet daaraan dink om sakkie plankies of fynhout saam met sakke hout te verkoop om vuur vinnig aan die gang te kry tydens sneeu/reënweer. Ons het tydens sneeu-neerval daar aangekom en die was onbekend, inwoners met privaat voertuie het so 10 km buite dorp motors ingewag en dan deur die draaie en afdraend tot in dorp geëskort, wonderlik om te sien daar word omgegee. Julle doen 'n wonderlike werk.
Jan En Dalien V. - 3rd August 2019
staying in Sutherland
Hierdie dorp moet op elke Suid-Afrikaner se emmerlys kom. Dit is 'n belewenis.
Jan H. - 3rd August 2019
staying in Sutherland
Was baie verbaas hoe netjies en groot die dorp is. Sal definitief weer 'n besoek bring.
Christa V. - 30th July 2019
staying in Sutherland
Dit is 'n klein plattelandse dorpie met net die nodigste winkels. Die sterrewag is indrukwekkend. Die mense is baie vriendelik.
Chetty . - 29th July 2019
staying in Sutherland
Fantastic little town with so much history.
Niel V. - 27th July 2019
staying in Sutherland
Ons het Sutherland vreeslik geniet en was baie gelukkig om die sneeu te kon beleef. Ons het heerlike boontjiesop met vetkoek by die Ou Meule geniet, maar daar was ook ander tradisionele geregte soos afval en skaapskenkel beskikbaar. Blue Moon se beesstert was uitstekend. Sutherland moet op elkeen se emmerskoplysie wees.
Linda F. - 22nd July 2019
staying in Sutherland
Visit to SALT for the evening tour was a big disappointment and waste of money. I would not recommend this excursion to anyone.
Gerrit D. - 22nd July 2019
staying in Sutherland
Bly minstens twee aande.
Tina-louise M. - 22nd July 2019
staying in Sutherland
Sterrrekyk was so spesiaal.
Barbara H. - 22nd July 2019
staying in Sutherland
Lovely, tranquil town. Recommend visits to SALT observatory, planetarium and dinner at Blue Moon restaurant.
Pieter S. - 18th July 2019
staying in Sutherland
Strongly recommend the Town of Sutherland as tourist destination. Visit to Southern African Large Telescope is a must!
Corrie N. - 18th July 2019
staying in Sutherland
Vat ekstra warm klere saam! En nóg ekstra warm klere.
Lizette B. - 17th July 2019
staying in Sutherland
Sutherland is 'n klein, ongerepte, plattelandse dorpie. Dit het 'n eie aardigheid wat mens kan waardeer, siene hoe afgeleë dit is.
Ester V. - 15th July 2019
staying in Sutherland
One of the coolest places!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za