Geverifieerde Resensie

Transgariep

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1340 resensies.

Bethulie, Transgariep

Bethulie Guest Farm

"Net een aand oorgeslaap, maar dink die pragtige omgewing het potensiaal as dit bemark word. Baie mense weet nie waar dit is nie. Ek sal graag terugkeer."

Gariepdam, Transgariep

Gariep Gardens

"Grew up there in my young day, fond memories. Town clean, people friendly, restaurants affordable."

Gariepdam, Transgariep

View Lodge

"Pragtige plek! Dit is ons derde keer wat ons daar oorbly op pad Kaap toe."

Gariepdam, Transgariep

A'Damsview

"Baie interessant! Ek het nie geweet dis die grootste dam in ons land nie. Om die damwal, sluise en al die geboue wat die proses moet bewerk. Ek sal graag tyd wil maak om oor die wal te stap en ook onder in die tonnel. Sal in die vervolg dit reel en tyd maak daarvoor! "

Gariepdam, Transgariep

A'Damsview

"Ons kom definitief terug."

Gariepdam, Transgariep

Gariep Inn

"Ek is mal oor die see en verruil dit vir geen ander kampplek of vakansie nie."

Bethulie, Transgariep

Old Watchmakers Guest House

"Dit sou wonderlik gewees het om voor die tyd meer te geweet het van Bethulie se besieningswaardighede sodat ons tyd kon inruim om bietjie langer oor te bly en nog meer te kon sien. Aan die anderkant miskien kan ons nou 'n tweede keer daar 'n draai gaan maak. "

Gariepdam, Transgariep

Raptor Ridge Lodge

"Lovely views over the dam, although the level of the dam is extremely low due to the drought. "

Bethulie, Transgariep

Bethulie Guest Farm

"Trudie van die museum was baie behulpsaam met inligting oor die area en die konsentrasiekampe, asook die monumente in die area. Sal graag langer tyd in die area wil bly. Dis ryk aan Afrikaner-geskiedenis. "

Gariepdam, Transgariep

Rose Cottage

"Ons het nie eerstehandse ondervinding nie, maar dis mooi en die Bistro by die oord was uitstekend. Goeie waarde vir geld!"

Gariepdam, Transgariep

View Lodge

"Baie om te doen en rustig."

Venterstad, Transgariep

Morning Glory Cottages

"Venterstad is 'n rustige klein Karoodorpie, maar dit is baie naby die Gariepdam. Die Gariepdam-damwaltoer is verseker die moeite werd. "

Gariepdam, Transgariep

Gariep Inn

"Mooi area en perfekte oornagpunt."

Bethulie, Transgariep

Old Watchmakers Guest House

"Bethulie is 'n klein plekkie, geen gejaag of lawaai nie. Baie ou geboutjies met heelwat geskiedenis. Ons was ongelukkig laat op 'n publieke vakansiedag daar en kon nie dit ten volle geniet nie. Skoon, rustig en netjies. Baie veilig. Eg platteland."

Gariepdam, Transgariep

Gompou Straat 7

"Die winkels kan 'n bietjie later gedurende seisoentye gesluit word."

Bethulie, Transgariep

Karoo Pandok

"Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen."

Gariepdam, Transgariep

Gariep Gardens

"Spectacular views of the dam and surroundings. I will definitely return. "

Gariepdam, Transgariep

Gompou Straat 7

"Gariep is 'n wegbreek as jy weg van die gejaag van die stad wil kom. "

Gariepdam, Transgariep

Gariep Inn

"The tour of the dam wall was absolutely amazing."

Gariepdam, Transgariep

Gariep Gardens

"Ons oornag al die afgelope paar jaar by verskillende plekke en geniet dit om daar oor te bly a.g.v die ligging en rustigheid van die omgewing. Dit is ideaal vir 'n halfwegstasie om bietjie te ontspan. Ons kan die restaurante regtig aanbeveel - die kos is tops. "

Gariepdam, Transgariep

Rose Cottage

"Baie goeie en sentrale oornagpunt, maar as jy mal is oor hengel is dit 'n goeie vakansieplek."

Gariepdam, Transgariep

Karoo Nights

"Naby Gariepdam en omliggende dorpe."

Oviston , Transgariep

Siloam Village

"Baie rustige dorpie met ongelooflike uitkykpunte op die dam."

Gariepdam, Transgariep

Puzzles Guest House

"Gerieflike oornagplek vanaf Kaapstad na Gauteng."

Gariepdam, Transgariep

Gariep N1 Chalets

"Uitstekende omgewing! Baie netjies en mooi. Die sterrekyk was 'n onvergeetlike ervaring."

Gariepdam, Transgariep

Gariep Gardens

"Sal definitief die damwal-toer aanbeveel. "

Gariepdam, Transgariep

Waschbank River Lodge

"Gariepdam is pragtig. Lekker oorslaapplek op pad Kaap, PE of George toe."

Blad
Blad 41 - Wys 1201 tot 1230
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang