Geverifieerde Resensie
Tsitsikamma
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tsitsikamma bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 73 resensies.
"Jy moet lief wees vir die natuur, son en buitelewe om hierdie juweel opreg te kan waardeer."
"Joubertina self is hie werklik 'n toerismebestemming nie. Daar is darem plek om brandstof te kry en 'n winkeltjie of twee om die nodige dingetjies te koop. Dis meer die Kouga-vallei rondom Joubertina wat die groot aanloklikheid is."
"Klein plaasdorpie. Ongerepte natuur. Pragtige plek vir die natuurliefhebbers. Sal net nie aanbeveel dat enige families na die restaurant The Belfry Kitchen toe gaan met klein kindertjies nie. Kinders is glad nie welkom daar nie. Mense is baie vriendelik en behulpsaam op die plaas. Die haaswinkeltjie verkoop heerlike beskuit en vyekonfyt."
"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"