Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Jeanetta H. - 12th May 2017
staying in Tuinroete
'n Moet besoek, veral Robberg Natuurreservaat. Ons het die wandelroete (5 km) gestap en was so gelukkig om 2 withaaie van ongeveer 60/70 m bo seëvlak te kon sien, asook baie robbe! Die haaie was 'n hoogtepunt. Ook 'n bootrit op die Keurboomsrivier en piekniek langs die water, word sterk aanbeveel. Stap langs Keurboomstrand met die besondere ''Arch Rock'' om te besoek.
Jean R. - 12th May 2017
staying in Vleesbaai, Tuinroete
Vleesbaai is 'n baie lekker en mooi plek!
Stefanie S. - 11th May 2017
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Pragtige dorpie.
Christo B. - 11th May 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Ek en my man beplan om eendag daar af te tree!
Pieter R. - 11th May 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Gewilde bestemming vir toeriste en as deel van bekende en gewilde Route 62.
Carl G. - 11th May 2017
staying in Myoli Strand, Tuinroete
Was nie self op die strand nie, maar lyk baie skoon met goeie swemplek en lekker stapplek.
Wesleyand Yolanda S. - 11th May 2017
staying in Jongensfontein, Tuinroete
The best ever.
Thelma B. - 11th May 2017
staying in Voorbaai, Tuinroete
Pragtig!
Patrick H. - 11th May 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Hartenbos is die ideale vakansiebestemming.
Karen S. - 11th May 2017
staying in Witsand, Tuinroete
As jy van rustigheid en stilte hou, veral buite seisoen, is Witsand die plek. Heerlik stil om lekker te kan ontspan.
Lizelle R. - 10th May 2017
staying in Riversdal, Tuinroete
Riversdal is 'n pragtige, skoon en netjies dorpie.
Tersia P. - 10th May 2017
staying in George, Tuinroete
Ek is mal oor die Tuinroete in geheel.
Belinda D. - 10th May 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
My happy place.
Jan J. - 10th May 2017
staying in Sedgefield, Tuinroete
Beste bestemming ooit. Pragtig, rustig en vriendelik!
Ria G. - 9th May 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Baie goed ontwikkelde dorp. Alles wat mens wil hê is binne bereik.
Riaana B. - 9th May 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Baie mal oor Santosstrand en om seekos te eet by die punt met die heerlike seereuk in jou neus.
Daniel O. - 9th May 2017
staying in Tergniet, Tuinroete
Fantasties vir 'n stille wegbreek en rus.
Bianca D. - 9th May 2017
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Ons kom elke jaar dieselfde tyd hierheen. Groot Brakrivier is 'n wonderlike plek met wonderlike mense.
Alan F. - 9th May 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
I'd recommend visiting the Cango Wildlife Ranch, which is very well laid out. It allows for a number of animal encounters (such as lemurs) and an interesting tour. The caves are well worth a visit - I hadn't been there in over 30 years and they are still a great natural attraction. Also Nostalgie Restaurant in town where the food is amazing!
Sean P. - 8th May 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Nice seaside town.
Sean P. - 8th May 2017
staying in George, Tuinroete
Baie mooi omgewing, lekker rustig ook.
Bridget V. - 8th May 2017
staying in Joubertina, Tuinroete
Don't miss out on a visit to Kontrei Kombuis for the best "roosterkoek" ever!
Reinet V. - 8th May 2017
staying in De Rust, Tuinroete
Dis nou 'n pragtige plattelandse dorpie. Rustig en heerlik om in rond te dwaal.
Sidney P. - 8th May 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Asemrowend mooi. Plekkies om 'n draai te moet maak is "The Fork and Train, Kraai4Braai en Sea Gypsy. Dit was regtig die tyd en geld werd om daarheen te gaan.
Marcia G. - 8th May 2017
staying in Joubertina, Tuinroete
Jy moet lief wees vir die natuur, son en buitelewe om hierdie juweel opreg te kan waardeer.
Johan D. - 8th May 2017
staying in Sedgefield, Tuinroete
Dit is die ideale plek om na weg te breek aangesien dit sentraal geleë is.
Thys B. - 8th May 2017
staying in Danabaai, Tuinroete
Rustige, skoon, vriendelike dorp.
Helena D. - 8th May 2017
staying in Myoli Strand, Tuinroete
Dit is seker een van die mooiste strande in Suid Afrika!. Uitstekend vir visvang, nog meer geskik vir lekker lang ente se stap en sekerlik baie geskik vir swem saam met die kinders!!
Johan V. - 7th May 2017
staying in Jongensfontein, Tuinroete
'n Absolute weggesteekte juweel.
Lynette S. - 7th May 2017
staying in Sedgefield, Tuinroete
Sedgefield is a very quiet and adoring little town ,if you want to relax its definitely the perfect place. For the adventurer in you it's a bit far from everything as you have to drive everywhere.
Sarel S. - 7th May 2017
staying in De Rust, Tuinroete
Dit is 'n pragtige klein dorpie. Ideal geleë vir 'n wegkomgeleentheid.
Sabera M. - 7th May 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Wilderness is an awesome place with great people and the views are just amazing! t is located in the center, between George and Knysna and that's another awesome factor! It is very convenient and offers easy access to beaches and there is plenty of activities for everyone.
Annette C. - 6th May 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Mosselbaai is ons gunstelingdorp. Ons probeer elke paar maande vir 'n paar dae daar tuisgaan.
Gerhard V. - 5th May 2017
staying in Klaarstroom, Tuinroete
Heerlike plek as jy rustigheid soek.
Wernen A. - 5th May 2017
staying in Knysna SSB, Tuinroete
Hilton Court is 'n wow plek in Knysna, die perfekte wegbreekpakket, natuurskoon en al die bogenoemde terugvoering ingesluit. Alles is loopafstand om binne Knysna te ervaar. Die mense is verskriklik vriendelik en dit is een van die min plekke waar voertuigbestuurders nog vir jou stop as voetganger, asook ander drywers voorkeur gee om te ry. Die plek is 'n stukkie goud wat n mens weer laat waardig voel en menswees 'n nuwe ervaring gee. Genoegsame dinge om daagliks en saans te ervaar
Natalie D. - 5th May 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Hemel op aarde.
Lance H. - 5th May 2017
staying in Brenton-on-Sea, Tuinroete
My eerste keer in Brenton-on-Sea en sal definitief weer gaan. Mooi skoon area, uitstekende uitsigte, met baie koue seewater.
Beverley L. - 5th May 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Hartenbos is 'n baie lekker plek om vakansie by te hou, ek kon my lag nie inhou vir al die snaakse winkelname. Die mense daar is baie vriendelik en dit is baie veilig.
Carla D. - 5th May 2017
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel.
Michael H. - 5th May 2017
staying in Riversdal, Tuinroete
Baie oulike dorpie. Die restaurant by Die Dam/Kwekery was baie lekker.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za