Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"The farmer's market could stay open a bit later. Especially during the oyster festival period, when there is a lot more people in the town."
"Dit is opvallend dat Uniondale as toeristedorp gewild is. Huise, erwe en strate vertoon netjies. Die bergfietstoer wat einde September hier begin (Karoo to Coast) is natuurlik 'n belangrike item op die kalender. Die enigste negatief is die aantal jong bedelaars wat ons lastig geval het. Gemeet aan die selfvertroue van die bedelaars kan ons net aanneem dat genoeg toeriste hulle beloon met 'n paar sente vir 'n brood. "
"Om weg te breek vir 'n naweek of 'n rustige vakansie, sal Riversdal jou plek wees."
"Baie mooi dorpie, redelik baie om te doen, net bietjie ver van die strand af."
"Mal oor Mosselbaai. Werklik baie oulike eetplekke en vrek interessante winkeltjies. Dis wonderlik om sommer so in die strate te kan rondloop en kyk na alles, en ons het baie veilig gevoel te alle tye. Orals is die mense baie vriendelik en Afrikaans! Die dorp is mooi skoon en goed versorg!"
"Die dorpie self is klein en gevul met geskiedenis maar is omring deur die mooiste natuur tonele."
"Hou van die plek, het 'n massiewe mussel cracker gevang, so is 'n happy chappie."
"Hartenbos is die beste vakansieplek. Skoon omgewing en vriendelike diens orals."
"Lovely, peaceful and relaxing! Beautiful scenic surroundings with awesome views!"
"Dit was heerlik om Stilbaai te verken. Dit is regtig 'n baie mooi en rustige dorp en definitief 'n kuier werd. Ons het als gaan voer by die Pallinggat, gaan kyk na die visvywers van die Khoisan, van die staproetes gaan stap en na die walvisse in die baai gekyk. En daar is baie oulike winkeltjies om te besoek."
"Ons gaan al vir die afgelope 9 jaar Hartenbos toe in die Junie/Julie skool vakansie. Dis 'n baie lekker vakansie plek. Dis net jammer dat die atmosfeer nou bietjie verander het vandat die mall daar is en die pretpark verander het. Daar is nie nou meer veel vermaak vir die kinders nie."
"Die dorp en die omgewing het baie om te doen en te geniet. Kultuurhistories, natuur, boerderye, ens. Dit is die ideale plek om 'n paar dae oor te bly op pad tussen vele ander bestemmings. Ek dink net die dorp kan meer doen om besoekers met inligting te voorsien terwyl jy as toeris daar is; ons het maar baie opgelees andersins het jy ook nie geweet waar om te gaan nie. Ook nie juis toeristevriendelike winkels met produkte van die omgewing nie. Dit is egter maar dieselfde probleem by meeste bestemmings in ons land."