Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Heerlike vakansie-area. Baie om te doen en te sien. Ons gaan beslis terug om nog te sien. Ons tydjie was net te kort. Baie rustige en mooi omgewing."
"Hierdie is 'n visvang-paradys. My ervaring in die verlede was dat die weer pragtig is oor September. Die wind hierdie tyd van die jaar in April was bietjie erg."
"Sedgefield is 'n baie oulike plekkie. Daar is genoeg winkels, restaurante en koffiewinkels om te besoek ook en is nie te ver van Knysna, Wildernis en George. Die mense is vriendelik en mens voel gou tuis. Genoeg plekke tussen 3 strande (Cola, Myoli en Gericke) en die lagoon om verskeidenheid in dag by die water te bring. So bly ons was daar!"
"As jy net wil rus neem neem jou kruideniers saam en geniet hierdie pragtige natuur en drink dit in."
"Mooi skoon en rustige dorpie, sal weer terug gaan. Natuurskoon mooi met staproetes om te doen. "
"George kan so veel meer lewer. Museum kort hulp, vervoer vir die toeris wat nie 'n motor huur nie na Vic Baai en Wildernis bv. is 'n moet en waar is die gesellige eenman-bestuurde instansies waar mens 'n ete kan geniet om die plaaslike bevolking te help?"
"Die hoofroete deur Knysna is baie stiller a.g.v. die waterfront en 'n mens kom dit dadelik agter versus vorige jare. Restaurante baie duur in waterfront. "
"Joubertina self is hie werklik 'n toerismebestemming nie. Daar is darem plek om brandstof te kry en 'n winkeltjie of twee om die nodige dingetjies te koop. Dis meer die Kouga-vallei rondom Joubertina wat die groot aanloklikheid is."
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"Baie plekke om te besoek nie ver uitmekaar uit nie. Krokodilplaas was baie pret."
"Heroldsbaai is 'n wonderlike plekkie om weg te breek van die stad se geraas."
"Mal oor Wildernis. Ons is fietsryers en het baie veilig gevoel op pad na Knysna. Die natuurskoon is 'n belewenis. Sal graag weer in Wildernis gaan kuier."
"Baie mooi en goeie omgewing om 'n wegbreek te maak. Hier kan jy jouself weer vind."