Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"Knysna heeft een mooie Lagune, klein centrum waar je snel bent uitgekeken. Voor ons was het guesthouse het hoogtepunt van ons bezoek aan Knysna. We hebben nog een boottrip gemaakt om walvissen te spotten, dit was met Ocean Odyssy. Je betaalt veel (800 rand pp) maar in het piekseizoen op een dag met perfecte weersomstandigheden helemaal niets gezien, behalve 1 dolfijn en een zeehond - zeer teleurstellend!"
"Ons het die dorp baie geniet. Die ou tronk wat in 'n koffiewinkel omskep is, was 'n heerlike belewenis. Pragtige berge met 'n pas wat prentjiemooi is, sorg vir natuurskoon soos min. Bali Trading is altyd 'n lekker stopplek en daar is iets vir almal in die gesin. Die inkopieplekke soos Spar en die Handelshuis was aangename verassings. Die dorp het alles wat ons nodig gehad het en ons sal graag weer daar tyd spandeer."
"Baie pragtige plek, beslis iets om te beleef. Ek sal enige een aanraai om die paradys te beleef. Lekker wegbreek weg van die huis. Daar is iets vir almal om te ervaar. "
"George is 'n wonderlike toeristebestemming. Sentraal geleë tussen Knysna en Mosselbaai met al die kleiner strande tussenin. As dit nie vir my kleinkinders wat in Gauteng woonagtig is nie, sou ek dit ernstig oorweeg het om my in George te vestig!"
"Witsand is more spread out than we expected, so we had a fair distance between the house we hired and the the one hired by the rest of the family."
"Hartenbos is seker een van die lekkerste plekke om vakansie te hou met kinders. Al is die weer sleg is daar nog so baie om hulle mee besig te hou. Daar is regtig nie tyd vir verveeld by die huis sit nie."
"Ja, ons tydjie was te kort om alles in te pas. As jy daar tuis gaan, is daar net só baie om te doen. Sedgefield is lekker geleë om plekkies naby ook te besoek. "
"Die plekke wat rondom Knysna beskikbaar was om te besoek was baie 'nice'. Knysna kort 'n waterpark waar kinders kan gaan 'waterslide' en swem. "
"Pragtige, weggesteekte juweel van 'n plek! So dankbaar dat ons dit kon beleef! Sal definitief weer soontoe gaan en nog verken."
"Baie lekker eetplekkies so al langs die strand. Die Kaai 4 se Mosselpot is die beste ooit! Veilig en Afrikaans vier hoogty hier! "
"Baie om te doen. Het meer as 2 dae nodig om behoorlik te besoek. Die dorp is baie skoon en mense baie vriendelik."
"It is a wonderful town, people are friendly, it is very relaxed compared to the city life. Am definitely going back there again."