Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9641 reviews.
"Knysna sien my beslis weer, daar was te veel om te doen en te gaan kyk vir 3 dae! Mens moet ten minste vir 'n week bly...of daar gaan bly!"
"Wou twee nagte bly maar moes besoek kortknip. Min mense op De Rust weet van Toorwaterpoort."
"Het Knysna gekies omdat die oesterfees baie aktiwiteite het. Ons het die trailruns in die woud gaan doen. "
"Oudtshoorn kan sterk aanbeveel word vir gesinne wat wil rond toer, kinders vermaak en lekker eet!"
"Toeristebestemmings is die moeite werd, maar die dorp self is baie verniel en paaie is in baie swak toestand. Dis 'n jammerte!"
"Al die gidse was uitstekend, vanaf Cango Wildlife Ranch, deur Cango Ostrich farm tot by Kango Grotte. Oudtshoorn het die toerisme gees - Kaapstad kan gerus bietjie leer by hulle."
"Lekker plattelandse omgewing met baie aktiwiteite om te doen as gesin, goeie keuse van restaurante."
"Dit is 'n baie rustig plek waar 'n mens nou die natuur kan waardeer en geniet. "
"Die paar winkels het verminder en sommige se goed te koop het afgeneem. Enigste moeite werd plek is Village Trading Post. Goedkoop en lekker geëet by Herrie se Plek. Baie lastig geval deur parkeraanwysers en bedelaars. Ons plattelandse gemeenskappe het drastiese ingryping nodig om opheffingswerk te doen. Kry mense regtig jammer!"
"Lots to do and to explore in surrounding areas, but one needs to watch for safety. Beggars in town, on the beach areas and too many car guards were later really annoying. Restaurants were good but shops are very limited."
"Jongensfontein is 'n asemrowende klein dorpie met fantastiese uitsigte oor die oseaan vanaf omtrent enige plek in die dorp. Baie netjiese en skoon dorpie met aangename mense."