Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"Pragtige woonarea , boomryk met verskeie parke wat stap en ontspan lekkker maak. Ook heel veilige area - selfs saans voel jy veilig om te stap. Binne loopafstand van winkels dog baie stil en rustig. "
"Heroldsbaai is klein en baie pragtig. Dit is 'n uitstekende basis om die res van die Suid-Kaap te besoek as dagritte."
"Pragtige dorpie met 'n ongelooflike mooi strand. Ideaal vir hengelaars. 'n Lekker restaurant. Winkels op die dorpie hou egter net die basiese benodighede aan."
"KKNK maak van Oudtshoorn beslis 'n heerlike plek om te kuier. Die dorp is ongelooflik skoon, al is daar soveel toeriste wat die strate oorneem. 'n Ware juweel!"
"Die enigste probleem met Oudtshoorn is die straatkinders wat om elke hoek sit en bedel. Veral in die donker hoekies in die aande."
"Baie oulike plekke naby Plett. Knysna is ook binne 'n halfuur se ry en daar is baie lekker eetplekke en winkels in Plet. Die hoofstrand was skoon en naby met goeie veiligheid."
"Vloei van verkeer by winkels is ietwat van probleem. Veral wanneer jy nie die winkels wil besoek nie, maar net verbyry na die brug se kant. "
"We go there mainly for the Saturday Market “The Wild Oats”, but all the little shops are a refreshing change to the Eastern Cape. "
"Skoon dorp met baie besienswaardighede en baie vriendelike mense."
"Die dorp het my verras. Ek het nooit geweet dis so groot en het so baie kuierplekke nie."