Verified Reviews
Tulbagh
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tulbagh
Rated 4.5 out of 5 based on 396 reviews.
"Tulbagh is one of the better wine regions of South Africa and due to its isolation is an undiscovered gem. Go there now, do it!"
"Saronsberg was 'n fees en Duikersdrif 'n absolute juweel. Puik diens en ons sal beslis weer daar gaan kuier."
"You need at least 10 days to enjoy all the major attractions. Bring your supplies along as shops and restaurants are not great in town. The wine farms are wonderful and the restaurant at Duikersdrift farm is the best."
"So baie plekke om te besoek. Ons tydjie was te kort. Een van die mooi plattelandse dorpies wat 'n besoek werd is."
"Pragtige dorpie wat enigiemand vir 'n naweek of meer kan besig hou. Die mense is ook baie vriendelik."
"Ek glo daar is veel om te sien, maar ons tyd was bietjie beperk, maar die dorp was besonders skoon en geen bedelaars nie. Pragtige dorp."
"Ons was baie teleurgesteld dat in 'n dorp, waar die pragtige historiese Kerkstraat sentraal staan as 'n toeristebestemming, nie een van die museums in die straat Saterdagmiddag oop was nie."
"So 'n mooi omgewing. Ons het na Bosjes gery. Baie lank daar spandeer. Foto's geneem by die lieflike trou-venue. By Rietdakkie-padstal gestop. Met ope arms deur Riaan en sy vrou ontvang. Later tafels weggeskuif en gedans. Groot pret!"
"Tulbagh kan beslis meer benut en besoek word. En Saronsberg is 'n wonderlike vertrekpunt vir al die ander besienswaardighede wat in die omgewing te siene is."
"Tulbagh is a lovely little town with a great sense of history and culture. We had a great time exploring the surrounding mountains too."
"Gaan maak gerus 'n draai by Manly Wynplaas. Die nuwe wynmaker daar het soveel passie vir dit wat hy doen, dat dit aansteeklik is. Hulle voer hoofsaaklik uit, so dit was 'n klein bederfie toe hy vir ons 'n toer gegee het. Beslis uitvoergehalte wyn!"
"Ek was verbaas om te sien hoe die dorpie agteruit gegaan het vandat ek 'n paar jaar gelede daar was. Daar is nie meer soveel koffiekuierplekkies nie en amper geen volwaardige antieke winkel nie. Gelukkig stel die wynplase nie teleur nie. Paddagang se tradisionele ete was heerlik, Waverley Hills (op pad na Wolseley) se ontbyt was onverbeterlik, asook hulle wynproe. Ons het wonderlike diens by Twee Jonge Gezellen se Krone en Saronsberg gehad en die beste wynproe aanbieding deur Riaan by Oude Compagnies Post! Montpellier se diens was uiters teleurstellend, ons het lank gewag met net 2 persone wat rondgehardloop het om almal te bedien en die aanbieding van die wyn was onpersoonlik en afgejaag. Alles en alles het die natuurskoon dit die moeite werd gemaak!"