Resensies van Victoria West

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Victoria West bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.85 uit 5 gekry volgens 243 resensies.
Heiletta S. - 26th October 2020
staying in Victoria-Wes
Nice restaurant that can be recommended - KaRoux Restaurant.
Sonja L. - 28th September 2020
staying in Victoria-Wes
Die dorpie is baie stil (veral oor 'n naweek), maar ek het al goeie dinge gehoor oor die Apollo Teater, alhoewel ek dit nie self besoek het nie. Met klein dorpies, doen altyd vroegtydig navorsing en maak besprekings om verseker te wees daarvan dat hulle voorberei is om jou te ontvang.
Johanita K. - 27th September 2020
staying in Victoria-Wes
Baie gerieflike oornagplek om lang rit te onderbreek.
Rina G. - 22nd September 2020
staying in Victoria-Wes
Pragtige, histories dorpie. Jammer daar is so baie verwaarloosde huise.
Erika D. - 21st September 2020
staying in Victoria-Wes
Dis nie veel van 'n toeristebestemming nie, maar meer 'n oornag en deurgang vir reisigers.
Hannelie V. - 27th March 2020
staying in Victoria-Wes
Karoodorp met baie karakter.
Sonia H. - 17th March 2020
staying in Victoria-Wes
Skoner strate en minder kinders wat doelloos rondstap en baie bedel sal positief bydra.
Chris E. - 11th March 2020
staying in Victoria-Wes
Niks om te doen na-ure nie.
Lientjie S. - 5th March 2020
staying in Victoria-Wes
Pragtige dorpie. Baie interessante toer gehad by die Apollo-teater. Ek hoop hierdie dorpie kan weer heeltemal herskep word om weer die hele dorpie nuwe lewe te gee. Só 'n stukkie oase.
Hermien S. - 3rd March 2020
staying in Victoria-Wes
Sal graag weer kom besoek, hopeloos te kort.
Louise M. - 17th February 2020
staying in Victoria-Wes
Wonderlike mense!
Leon En Dorothy L. - 16th February 2020
staying in Victoria-Wes
Ons gaan weer hier stop. Beslis te min van die geskiedenis beleef. Daar is 'n wonderlike oplewing in die dorp se kultuur en kunste. Hou aan, julle sal bo uitkom. Appolo se Teater is 'n besoek werd.
Ellen C. - 20th January 2020
staying in Victoria-Wes
Histories en baie interessant.
Anieta C. - 15th January 2020
staying in Victoria-Wes
Pragtige ou Karoodorpie. Inwoners hou alles redelik netjies.
Hélanie J. - 15th January 2020
staying in Victoria-Wes
Oulike Karoodorpie met vriendelike inwoners.
Walter E. - 14th January 2020
staying in Victoria-Wes
Klein dorpie met pragtige outydse huise en afwerkings, vriendelike mense, heerlike kos.
Zelda W. - 13th January 2020
staying in Victoria-Wes
Pragtige ou dorpie.
Bronwynne B. - 11th January 2020
staying in Victoria-Wes
The town is poor and there are lots of kids begging, stark reality of our country. Wasn't sure we were safe but we had no incidents.
Arrie N. - 9th January 2020
staying in Victoria-Wes
Lees gerus meer op oor die dorp om als te sien wat die dorp aanbied.
Nico S. - 8th January 2020
staying in Victoria-Wes
Ons is lief vir die Karoo-dorpe soos Victoria-Wes. Meestal is hulle skoon en netjies. Die vars lug en sterrehemel is lieflik. Het ook bonus van 'n Karoo-reëntjie gehad!
Retha V. - 7th January 2020
staying in Victoria-Wes
Alhoewel daar heelwat ou geboue is, is dit kommerwekkend dat die middedorp agteruitgaan. Strate was nie skoon nie en daar was besope mense op sypaadjies. Dit mag moontlik te make wees met die feestyd wat ons in dorp oornag het.
Grant L. - 7th January 2020
staying in Victoria-Wes
Baie baie mooi dorpie.
Muller S. - 6th January 2020
staying in Victoria-Wes
Pragtige klein dorpie, geskiedenis ryk en die moeite werd om te verken - wens ons het nie net oornag nie.
Annette F. - 6th January 2020
staying in Victoria-Wes
Wonderlike, skoon dorp.
Ernst V. - 2nd January 2020
staying in Victoria-Wes
Rustige dorp wat goed geleë is vir 'n oornag rus. Baie mooi ou huisies en geriewe in die dorp.
Jacoba H. - 30th December 2019
staying in Victoria-Wes
Heerlike, rustige, plaas-atmosfeer.
Johan V. - 30th December 2019
staying in Victoria-Wes
Hierdie Karoodorp is 'n lekker oornagbestemming.
Fanie S. - 23rd December 2019
staying in Victoria-Wes
Doen moeite om die pragtige huise en geboue uit die verlede te besigtig. 'n Ete by die KaRoux Restaurant is 'n moet!
Sybrand H. - 23rd December 2019
staying in Victoria-Wes
‘n Juweel van ‘n dorpie. Rustig en gasvry met wonderlike restaurante en mense!
Eunice M. - 22nd December 2019
staying in Victoria-Wes
Pragtige, skoon dorpie met die beste, oudste, werkende teater! Eet gerus by die hotel.
Anton G. - 19th December 2019
staying in Victoria-Wes
Gerieflike oornag, op die N12.
Marietjie V. - 17th December 2019
staying in Victoria-Wes
Pragtige dorp, mooiste ou geboue en baie vriendelike mense.
Heidi G. - 17th December 2019
staying in Victoria-Wes
Pragtige dorpie - besoek die Apollo Teater.
Madelaine . - 12th December 2019
staying in Victoria-Wes
Dit is 'n pragtige dorpie. Alles is so mooi skoon.
Susan S. - 8th December 2019
staying in Victoria-Wes
Oulike plekkie met vriendelike mense. Gasvry. Ons het Saterdag oggend die 7de lieflike ontbyt geniet by 'n eetplek in hoofstraat. Dankie vir dit.
David B. - 15th November 2019
staying in Victoria-Wes
Ek wens ek kon terugkom vir hulle Apollo Fees en sommer net ook om rustig te word. Op die oomblik grawe die munisipaliteit al die strate vol - ek dink hulle vervang waterpype - ek hoop dat dit binnekort voltooi sal wees en alles weer netjies sal wees. Die Padstal in die Hoofstraat N14 is die moeite werd - skaapvleispasteitjies en groot porsies tuisgemaakte aartappelskyfies. Ek hoop ons kan weer Victoria-Wes toe gaan en nie net verby jaag nie.
Nols B. - 14th November 2019
staying in Victoria-Wes
Dis maar 'n ou droë dorpie, maar as jy daar in die week is, besoek beslis die Karoo Deli vir 'n lekker koppie koffie!!
Magriet P. - 10th November 2019
staying in Victoria-Wes
Dink daar is baie om te ontdek en weer te geniet soos Apollo teater.
Jan-chris H. - 1st October 2019
staying in Victoria-Wes
Pragtige ou dorpie, net mooi in die middel tussen Johannesburg en Kaapstad.
Simphiwe N. - 1st October 2019
staying in Victoria-Wes
It's a dry area considering we have just gone through winter season. The water tastes bad, better buy a litre or two from Spar across the road for tea or drinking.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za